Die wasmasjien, yskas wat jy nog altyd wou hê
’n Nuwe oond word bekend gestel wat jy met jou slimfoon kan beheer, dus hoef jy nooit bekommerd te wees of jy die huis verlaat het sonder om die oond af te skakel nie.
Petrus Malherbe – Al ooit gewens jy kan sien wat in jou yskas is terwyl jy in die supermark staan? Of dat jy ’n sokkie by ’n bondel wasgoed kan voeg nadat die wasmasjien reeds aan die gang is?
Wat van ’n toestel wat jou klere verfris en skoon en bykans nuut laat ruik terwyl jy slaap?
Dis alles hier en deel van die reeks nuwe huishoudelike produkte wat Samsung op vanjaar se IFA-tegnologieskou in Berlyn, Duitsland, aangekondig het.
Dit sluit in ’n nuwe voorlaaier-wasmasjien wat ’n spesiale opening het waardeur jy nog klere kan gooi sou die wasmasjien reeds aan die gang wees.
Samsung het al voorheen ’n soortgelyke opening in van sy wasmasjiene ingesluit, maar die jongste model se opening is ietwat groter en die masjien het ook ander byderwetse funksies bygekry – soos die vermoë om aan die internet te verbind.
Samsung het met die bekendstelling benadruk dat hy eienaarskap wil neem van álle huishoudelike toestelle.
Daarom kan jy sy nuwe oond met jou slimfoon beheer en dus nooit weer bekommerd wees of jy die huis verlaat het sonder om die oond af te skakel nie.
Jy kan bloot op ’n app seker maak dit is wél af – of as jy iets in die oond gelos het en gou winkel toe gaan, kan jy ook met die app sien hoe ver die gebak van klaar af is.
Samsung se nuwe oond laat jou ook toe om twee verskillende goed, teen verskillende temperature, in dieselfde oond te bak of gaar te maak.
Jy kan byvoorbeeld ’n heel hoender op die boonste rak gaarmaak en ’n koek op die onderste rak bak. Elkeen teen sy eie temperatuur.
Ook sy jongste yskas het heelwat nuwe funksionaliteit. Samsung sluit nou ’n groot raakskerm in aan die buitekant van die yskas wat mense kan gebruik om nota’s op te maak en om die gesin se skedules soos sportbyeenkomste of haarafsprake op aan te dui.
Ander yskaste het ook al soortgelyke funksionaliteit.
Een lekker funksie wat Samsung se yskas nou het, is die vermoë om te kan sien wat binne-in aangaan sonder dat jy die deur hoef oop te maak. Trouens, jy hoef nie eens by die huis te wees nie.
Danksy die app en die mag van die internet kan jy in jou yskas “loer” van enige plek op aarde. Jy kan dus in die supermark staan en kyk hoeveel botter, melk en kaas jy nog oor het.
Samsung noem dié funksionaliteit “shelvies” – genoem na die immergewilde selfies.
Myns insiens is die beste nuwe produk Samsung se nuwe “hangkas” wat jou klere oornag skoonmaak en verfris.
Jy hang bloot jou jas, hemp of baadjie in die “kas” en oornag word dit rustig met lug skoon geblaas en met stoom ontsmet. Dan word alle onwelriekende reuke uitgesuig.
Dié kas beteken jy kan dieselfde uitrusting dag ná dag dra. Of modebewustes daarvoor te vinde sal wees, is ’n ope vraag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie