Die vreemde waarheid
Hulle sê die waarheid is dikwels vreemder as fiksie. Neem byvoorbeeld die storie oor die “onheilspellende” swart kat wat ‘n kafeebaas glo die dorp uitgejaag het.
Dit was in die laat 1970’s op Usakos toe dese swart kat buite die kafee vreemd rondsit en toe glo ‘n helse gedaanteverwisseling ondergaan, as ‘n wit man die kafee binnestap en ‘n enkele sigaret by die kafeebaas vra.
Die kafeebaas, lamgeskrik, het die sigaret bewend oorhandig, en die oomblik toe die mankat sy rug draai, het die kafeebaas hom behoorlik uit die voete gemaak.
Maande daarná slaan nóg ‘n kat uit.
Dié keer verskyn die kat omstreeks middernag by ‘n huis se buitekamer en wurg glo ‘n vrou.
Volgens die berig oor die tweede vreemde voorval het die spokerige kat glo ‘n week vóór die wurgaanval buite die werf gesit en die vrou “geroep”.
“Dis seker nie ‘n storie wat ‘n mens te ernstig kan opneem nie, maar dit word tog vir die waarheid vertel,” skryf die joernalis oor die voorval.
Die vrou wil nie haar naam in die koerant genoem hê nie, maar vertel van ‘n stem wat kort ná middernag haar naam geroep het.
Sodra haar man ondersoek gaan instel het, was daar “net mooi niemand in die omgewing te vinde nie”.
‘n Paar dae ná die geroepery van die vrou se naam, het ’n klein wit kat gedurig in die kamer waarin die paartjie geslaap het, verskyn.
Waar die kat vandaan kom of hoe hy ingekom het, weet niemand nie, want met slapenstyd word die deure en venters styf toegemaak.
Die kat het later glo só tuis geraak en het sommer by die vrou se voete op die bed gaan lê. Manlief het begin jaloers raak en voorgestel die kat moet vasgemaak en doodgeslaan word.
“Dit is gedoen en daarná het die kat vir ‘n lang tyd nie weer sy verskyning gemaak nie,” lees die storie.
Maar dié kat het weer gekom, en met weerwraak, of, soos dit in die storie staan, “dié keer met vaste planne om konsternasie te veroorsaak”.
“Die kat het volgens die paartjie op die vrou se bors kom sit en haar begin wurg. Dit het net ná middernag gebeur, terwyl die man nog wakker gelê het. Die man het probeer om die wurgende greep van sy vrou se keel af te kry.”
As laaste hoop het die man die Bybel gegryp en ‘n versie uitgelees en toe haastig die Bybel onder die vrou se kop geplaas – en die wurgery het opgehou tot die paartjie getrek het.
Terug na die toekoms: Die afgelope Sondagaand omstreeks 20:30 stuur iemand op ‘n WhatsApp-groep foto’s van ‘n ses voet lange harige gedrog wat lyk soos ‘n kruis tussen ‘n mens en dier.
Die gesig van die mensdier is met hare bedek, die oë is groot, rond en grysblouerig. Die mond lyk visbekkerig met groot, krom tande wat oor die lippe hang.
Die gedierte staan in die middel van ‘n teerpad; die harige liggaam is lenig met lang arms wat langs sye slap hang en die voete lyk soos dun stelte.
Die foto’s gaan gepaard met ‘n dringende stemboodskap: “Mense, daai persoon of spook is gesien tussen Karibib en Omaruru. Hy’t vir die kar weggehardloop. Een man wat die spook gesien het, het die foto gevat. Hulle was vier in die kar. Toe hulle dit sien, het hulle gestop en die foto gevat. Wees net versigtig in die aand.”
Waarheid of fiksie? Gephotoshop?
Wel, ook in die laat 1970’s was daar ‘n storie in die koerant van ‘n soortgelyke mensdier.
Dié wese was op ‘n dag, so laatmiddag, in die buitewyke van Windhoek in Khomas Hochland se rigting gevaar.
Die man wat dit gesien het, vertel dié gedrog moes ook meer as ses voet lank wees. Hy beskryf dit ook as ‘n mensdier, met swartgrys hare bedek, maar sê dit kon nie ‘n reusagtige gorilla wees nie; dit was te veel soos ‘n mens. Maar mens was dit ook nie.
Hy vertel toe die wese met yslike spronge begin weghardloop, het hy dit in sy kar probeer agternasit, maar die gedrog was te vinnig en net so skielik soos dit verskyn het, in die veld verdwyn.
Ek sê maar net . . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie