Die vlooimark floreer
Die vlooimark floreer

Die vlooimark floreer

Gerine Hoff
Okahandja se vlooimark is dalk nog nie oud nie, maar dit het al reeds vir mense belangrik geword.
Die vlooimark is deur mnr. Patrick Kaaheke, ’n plaaslike sakeman, begin met die doel om entrepreneurs die geleenteheid te bied om hul ware, wat wissel van kunsvlyt en koeke tot tweedehandse items, te verkoop.
Kaaheke het dit ook begin om armoede te verlig en om werkgeleenthede te skep. “Ek wil entrepreneurskap ’n hupstoot gee sodat visie 2030 ? werklikheid kan word,” het hy gesê.
Kaaheke het reeds twee markte gereël wat beide oorkant Okahandja se munisipale kantore gehou is. Albei was ’n groot sukses omdat alles op die mark teen billike pryse verkoop is.
Deelnemers is dankbaar teenoor die raadslid van die Okahandja-kiesafdeling, mnr. Steve Biko Booys, die munisipaliteit van Okahandja en mnr. H. Fourie wat sy plekkie vir die mark afgestaan het. Hulle sê ook dankie aan die verkopers en die lede van die gemeenskap wat die mark ondersteun het.
Die mark vind op die eerste Saterdag van elke maand plaas, met die volgende een wat op 6 Desember gehou word.
Vir meer inligting kan Kaaheke by 081 143 3105 gekontak word of stuur ’n e-pos aan [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer