Die vergelyking
Die vergelyking

Die vergelyking

[email protected]
Sanet de Waal
Otis Finck

In die Bybelse tyd het rabbi Jesus mos van vergelykings gebruik gemaak om aan Jan Alleman ’n prentjie te skets wat hy sal kan sien, hoor en verstaan.

G’n wonder dat 11 van die 39 vergelyings in die Bybel oor geld gaan nie.

’n Saak wat baie na aan die harte van ’n groep vroulike gemeeskapslede lê, het my spesifiek laat dink aan die een vergelyking wat handel oor “Wat jy saai sal jy maai”.

’n Wyse persoon het onlangs die spesifieke dames se situasie so aan my verduidelik.

’n Paar slinkse manne het baie lank gelede ’n plan bedink.

Daar is besluit om van weerlose vroue gebruik te maak sodat hulle ’n natuurlike bron en die opbrengste wat dit bring, vir eie gewin kon bekom.

Hulle het die wet gemanupileer en gesorg sodat alles eg en opreg op papier moet lyk.

Toe die winste kom, is dit verdeel en laat sirkuleer onder hulle eie beheer.

Die ouens bou vir hulle ondernemings, spog huise en selfs ’n kerk, verstaan ek.

Die geld behoort aan hulle en hulle maak met dit soos hulle wil.

Die manne se bates groei terwyl die groepie vroue names wie hulle dinge doen, in armoede bly bloei.

In ’n stadium besluit die slinkse slimmes om alle almoese afkomstig van hulle, van die verarmdes weg te neem sodat hulle, hulle belange verder kon uitbrei.

Die verblinde verarmdes stem eers saam, maar toe die min sente nie meer opdaag nie, laat dit hulle wonder en meer honger kry.

Ná baie jare wou hulle weet: “Hoe staan dinge? Wat gaan aan? Waar pas ons eindelik in julle plan?”

Die slinkses verduidelik toe: “Julle is slegs begunstigdes en ons maatskaplike verantwoordelikheid. Ons doen wat ons doen vir en names julle, ons is die deskundiges. Ons help julle net. Alles is aan ons toe vertrou vir julle.”

Dit was asof die skille van die dames se oë afval.

Met dit was die jarelange vertroue verbreek en die verhouding gaan ly skipbreuk toe die meerderheid agterkom hulle is die heeltyd verneuk.

Die groep wend hulle toe na ’n hoër gesag.

Daar word na die huweliksdokumente gekyk.

Met verloop van tyd kom die hele sak patats toe uit.

Hulle het julle s’n, hulle s’n gemaak.

Die krane wat so vrylik gevloei het, word eindelik vir almal toegedraai.

Daar word gevra vir ’n verduideliking en toe dié kom, staan die meerderheid heeltemal verbystered en verstom.

Die verontregdes pleit toe vir nog hulp van bo.

Die skrifgeleerdes kyk na die saak en beloftes op beloftes van ’n goue Paasfees en ’n wit Kersfees word gemaak.

Die verontregde slinkses braak gal en klou vir al wat hulle kan om hulle ontneemde winste te probeer behou.

Met die uurglas wat uitloop, gaan skeur die groep verontregte vroue ook nog in twee want van hulle is vir en van hulle is teen dit.

Intussen roep die ho?r gesag ’n bemiddelaar in.

“Daar word gesê julle moet vergewe en vergeet. Die hoër gesag wil hê julle moet hande vat sodat die proses weer kan hervat word,” deel hy almal me?.

“Maar wat van die grote onreg wat aan ons gedoen is,” wou van die weerlose verontregtes weet.

“Nee, hulle het die wet aan hulle kant en op die einde gaan julle net meer skade ly en die stry verloor, so julle moet maar daarvan vergeet.”

Een van die slimmes het boonop nog die vrymoedigheid en kom bestempel die hele petalje wragtig waar as ’n misverstand.

“A ha en Amen!”

Nou sien ek die hele prentjie mooi.

Dit voel vir my net die vader alleen sal weet waar en wanneer die bose kringloop tot aan sy einde gaan kom.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer