Die tragedie móét lesse bied
Sondag se busongeluk waarin twee jong skoliere gesterf het, moet die hele land tot ernstige nadenke stem.
Elke lewe wat op ons landspaaie – en op ander onnodige en voorkombare maniere – verlore gaan, is ‘n verlies vir ons almal. Wanneer dit by kinders en jong volwassenes kom, word meer as in ander gevalle onbereikte potensiaal uitgewis.
Hierdie is ‘n tragiese, rampspoedige vingerwysing. Wat padveiligheid in die breë betref en openbare vervoer spesifiek.
Beweringe oor alkoholmisbruik sal deur die hof getoets word. Die realiteit is egter dat dronkbestuur onder bestuurders wat passasiers se veiligheid in hul hande neem waarskynlik veel meer algemeen voorkom as waarvan ons bewus is.
Doetreffende, toekomsgerigte oplossings verg om vraagstukke en oorsake aan te spreek eerder as om individue te kruisig. Dit sê nie persone teen wie pligsversuim bewys word, moet nie aanspreeklik gehou word nie.
‘n Emosionele vingerwysery is miskien in die groot intensiteit van die oomblik verstaanbaar. Maar dit los nie probleme op nie.
Tienduisende en selfs honderduisende ongelukvrye kilometers kan verbyrol voor ‘n ramp tref.
Geen mens kan waarborg so-iets sal nooit weer gebeur nie. Deur die streng afdwing van regulasies, groter bewustheid en die verandering van ons eie gedrag kan ons wel elke voorsorg tref om nie ander in hierdie oënskynlik onstuitbare rou te dompel nie.
Ons is dit nie net aan Angela Maiba en Jacques Venter verskuldig nie, maar elke ander slagoffer.
So sê ander
26 Augustus 2019
Hoor dié kinders se noodkrete
Skokkende syfers wat genoem is by die Afrika-streekkonferensie oor trauma by kinders moet die ganse Suid-Afrikaanse samelewing tot ernstige besinning ruk.
Volgens die Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling is daar net in die Wes-Kaap 36 000 kinders wat uit hul huise verwyder en in plekke van veiligheid geplaas is.
In ’n land waarin ons gebombardeer word met skokkende statistieke, is dit dalk maklik om afgestomp te raak, maar dié syfer vertel ’n ontsettende hartseer verhaal oor hoe gebroke ons samelewing is.
Enersyds is dit ’n genade dat ’n maatskaplike vangnet – hoe karig en ontoereikend ook al – wel bestaan om sommige kinders in nood te hulp te snel. Maar wat van diegene wat die maatskaplike net nie vang nie?
Hoeveel van hulle word byvoorbeeld ’n Poppie van der Merwe, wie se dood altyd by ons moet bly spook.
Dit vra van elkeen van ons om erns te maak met dié vraag: Hoekom misluk ons in ons vermoë – selfs roeping – om kinders te beskerm? Is dit ons fokus op eiebelang wat ons bereidwilligheid oorheers om toe te tree tot die intieme kring waarin weerlose kinders en vroue verniel word?
Jaarliks herdenk ons getrou 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, maar Vrydagaande bly ons stil oor die bure se “huismoles”.
Die eerste stap is om die stilte te verbreek.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie