Die Titanic en Bruce Lee
Om op ‘n sinkende skip te staan, is nie lekker nie. Veral nie as jy sien hoe die rotte, wat eerste van dié lekkasie weet, sy eens geliefde en eerste keuse van vervoer verlaat nie.
Ek onthou hoe ek een Desember-vakansie in die vroeë tagtigs in Lüderitz my eerste 16 mm Titanic-fliek gesien het. Nogal ‘n wit-en-swart affêre wat langer as twee ure geduur het. Ons hoof op laerskool was genadiglik ‘n geswore aanhanger van westerns en ander aksieflieks en dit is basies al wat ons mannetjies toe geken het.
Die flieks wat ons in Laerskool Maltahöhe se koshuiseetsaal gekyk het, was ‘n fijnbeplande operasie wat een of twee keer per maand plaasgevind het. Daardie tyd was tannie Google nog nie eens ‘n gedagte nie en moes die landlyn per handsentrale na Windhoek toe geslaan word om plekke soos Uncle Spike’s te bel (wat die rolprente en projektors uitverhuur het) om te hoor watter flieks beskikbaar was.
Hoe die betalery gewerk het, sal ek nou nie weet nie. Maar as die moewie bespreek was, is dit in Windhoek op die bus gesit wat goedere na Mariental vervoer. Van ou Stofbakkies was daar Vrydae weer ‘n bus na Maltahöhe om die langverwagte fliek af te lewer.
Natuurlik was ons sommer al vroeg in die die week deur die hoof ingelig watter fliek op pad was, maar dit was nie sommer net van fliek nie. Ons seuns moes Saterdae ná middagete die tafels wegskuif en die stoele in netjiese rye regpak, terwyl die kombuispersoneel aanmaakkoeldrank en versnaperinge soos jêffels vir die aand se vermaak voorberei het.
Ons dorpie het nie oor elektrisiteit beskik nie, maar daarvoor het die koshuis se “generatoor” vergoed om die nodige krag te voorsien. ‘n Laagtepunt en een hengse frustrasie vir ons latte was natuurlik wanneer die fliek op die mees ongeleë oomblik besluit het om die gees te gee! Gewoonlik kon die aksie darem so ná ‘n minuut of tien hervat word nadat die gebreekte film weer deur die projektor gevoer is. Maandag is dieselfde rolprent per bus terug na Mariental en Windhoek vervoer om sy regmatige plek tussen die ander rolle op die rak in te neem.
Sondagoggend (en vir die res van die week) was jy, nes John Wayne, die held van jou eie fliek waar jy al skietend oor die Namib se vlaktes al wat ‘n boef is voor die voet op jou vlieënde blink ros uitgewis het. Selfs jou stap was dié van jou held – met die nodige swing. Dis net die ouens wat so ‘n ligte streep weggehad het, wat verkies het om die boef te speel ... Of dié manne deesdae steeds eerder die bad ou wil wees, sal ek nie kan sê nie.
Ek onthou hoe ons een aand ‘n karate-fliek gekyk het waar die held, Bruce Lee (wat toe al reeds ‘n legende was), gillende sy teenstanders met al wat ‘n rowwe karateskop en -kap is soos vrot velle laat trek het. Terug by die huis het ons huisgodsdiens gehou en terwyl my ma bid, het ek my “moof” beplan om die kamerdeur aan te val. Toe sy “amen” sê, het ek soos ‘n pyl uit ‘n boog opgevlieg en die kamerdeur met ‘n bloedstollende gil en wrede skop in sy spore gestuit.
Al wat my ma kon uitkry was: “Jy het mos nou nie ‘n woord geluister wat ek gebid het nie!”
Weens die gebrek aan televisie op hoërskool was dit ons beskore om elke Saterdagaand een of ander obskure aksie-fliek of riller in die koshuis se eetsaal te kyk. Dit was vrek lekker en een van die hoogtepunte van ons koshuisbrakke se saai bestaan.
Hoe sit ‘n tiener, wat net van skop-skiet-slaan-flieks ken, vir meer as twee ure stil? En dit is hier waar ek die skeppers van fliekteaters soos die Odeons en die Alambras die wêreldoor steeds immer dankbaar is vir die verpligte pouses wat tussen die voorprente en die hoofvertoning aangebied is.
Dan kon jy vir jou meisie ‘n koeldrank en tjoklits koop om later in die donker darem haar hand vas te hou. Wanneer die fliek uitgekom het, moes jy magteloos sien hoe haar ma of pa reeds buite wag om hul dogter uit die wrede kloue van ‘n hormoongedrewe tienerseun te red, terwyl sy deur die agterruit vir jou waai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie