Die tafel is gedek
Die oomblik het aangebreek!
Namibië, maak gereed om behoorlik geïnspireer te word. Op 15 September gaan Inspirasie Tafels, 'n leefstylekspo, sy debuut by Windhoek se skougronde maak.
“Inspirasie Tafels is 'n platform waar onvolmaakte goedere die jas van perfeksie aantrek. Dit gaan 'n ervaring wees waar feesgangers lekker met mekaar kan gesels en eg Namibiese goedere kan waardeer,” sê Frans van Wyk, een van die organiseerders van Inspirasie Tafels.
“Ons is verskriklik opgewonde om hierdie innoverende, opwindende en eerlike platform te bied waar van ons land se mees gesogte, outentieke handgemaakte produkte ten toon gestel gaan word," sê hy.
Inspirasie Tafels se missie was nie net om massageproduseerde produkte die geleentheid vir uitstalling te bied nie, maar ook om organiese kuns (in al sy vorms, hetsy eetbaar, bruikbaar, grafies of musikaal) 'n regverdige kans op blootstelling te bied.
“Dit moet voel of jy 'n stukkie van iemand se hart besit nadat jy iets gekoop het."
In die beplanningsfase van Inspirasie Tafels wou die organiseerders seker maak hierdie leefstylekspo is die perfekte speelgrond vir feesgangers en uitstallers. Die twee dae lange program gaan uit verskeie aktiwiteite en demonstrasies bestaan. Onder meer gaan daar kos- en modedemonstrasies, kunsuitstallings, outentieke goedere en boekbesprekings wees.
Die ekspo beloof om 'n baanbreker in sy soort te wees. Hou Kollig dop vir meer inligting oor hierdie glansgeleentheid.
Dis nuut. Dis innoverend. Dis nog nie in Namibië ervaar nie. Dis Inspirasie Tafels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie