Die Score-projek se suksesverhale

Kommer heers oor uitdagings, soos die instandhouding van plaastoerusting vir groenteproduksie, wanneer 'n groot projek vanjaar tot ‘n einde kom.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Alhoewel die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsfonds (UNDP) se Score-projek in die noorde van Namibië vanjaar tot ‘n einde sal loop, het dit altesaam 222 kleinboere en skole in sewe streke gehelp om mikrodruppelbesproeiingstelsels te ontwikkel.

Dit het ook sowat 80 landbou-onderwysers en meer as 500 boere geleer oor tuinbou, asook hoe om die vrugbaarheid van grond te bestuur en bome aan te plant. Die Score-projek het leiding en mentorskap verskaf en kleinboere geleer hoe om hul gereedskap te onderhou.

Die ministerie van landbou, water en bosboue se Score-beampte, me. Mirjam Kaholongo, het tydens ‘n onlangse byeenkoms in Windhoek oor klimaatsverandering en voedselsekuriteit in Namibië belangegroepe toegespreek oor die werk van dié projek in Namibië.

Sy het gesê die doel van die Score-projek was die verbetering van gemeenskappe se veerkragtigheid wat betref klimaatsveranderlikheid en klimaatsverandering in die noorde van Namibië, met ‘n spesiale fokus op vroue en kinders.

Die projek is in die Kunene-, Omusati-, Oshana-, Ohangwena-, Oshikoto, die Kavango-Wes asook die Kavango-Oos-streek van stapel gestuur en deelnemers aan die projek is gekies op grond van of hulle ‘n geskikte waterkonneksie gehad het, hul belangstelling en toewyding aan die projek, het Kaholongo verduidelik.

GOEIE NUUS

“Suksesverhale wat hieruit voortgespruit het, sluit in die Sekondêre Skool Onampira wat nou ‘n inkomste van meer as N$25 000 per jaar uit die plant van groente genereer en die skool se voedselprogram ondersteun, asook die Okaku-jeuggroep, wat spinasie aan Spar Ongwediva en die Choppies-supermark verskaf en sowat N$5 000 per maand verdien,” het sy gesê.

Kaholongo sê die program kon daarin slaag om betrokkenis se voedselsekuriteit en inkomste te verbeter.

“Só is hulle nog ‘n manier gewys om ‘n inkomste te verdien – heeljaar. Hulle is entrepreneurs wat kos vir hulself en vir markte kweek. Deur middel van die projek kon ons ook ‘n passie vir landbou onder skoolleerlinge help skep,” het sy gesê.

Verder kan omliggende gemeenskappe vars produkte koop en terselfdertyd slegs die “plaashekprys” betaal.

“Gemeenskappe is aangemoedig om van die drie beginsels van bewaringsakkerbou gebruik te maak. Terselfdertyd is hulle geleer hoe om boek te hou van hul landbou-aktiwiteite, asook hul produksie. Verskeie opleidingsessies, wat veldbesoeke ingesluit het, is vir altesaam 700 boere aangebied.

Sy sê ses trekkers is vir die projek aangeskaf en skeurploeë is pasgemaak om aan plaaslike omstandighede te voldoen.

“Tydens die afgelope twee jaar is altesaam 1005,2 hektaar se grond geploeg. Toerusting en materiaal soos organiese bemesting en droogtebestande saadvariëteite soos peulgewasse is verskaf,” het Kaholongo gesê.

Sy sê as deel van die projek is vyf gronddamme in die onderskeie streke herstel, sodat reënwater opgevang en later weer gebruik kan word. Een van die damme is by Okalongo in die Omusatistreek.

UITDAGINGS

Kaholongo sê ‘n uitdaging vir die voorsetting van die aktiwiteite is ‘n gebrek aan plaasimplemente en –insette vir bewaringsboerdery.

Boonop is hulle bekommerd oor die instandhouding van byvoorbeeld die trekkers wanneer die projek tot ‘n einde loop.

“Nog ‘n uitdaging is siektes en peste wat die gewasse en groente aanval. Daar bestaan oor die algemeen ‘n gebrek aan kennis oor hoe dit hanteer moet word,” het sy gesê.

Sy sê voorts moet daar ook gekyk word hoe boere in die noordelike streke van die land formele markte kan betree en verder moet hulle aangemoedig word om veral peulgewasse op ‘n groter skaal te kweek.

“Namibië is daartoe in staat om sy volle potensiaal midde-in klimaatsveranderlikheid en klimaatsverandering te bereik, mits die tegniese kapasitiet, finansiële hulpbronne en betrokkenheid van die private sektor verbeter kan word,” het sy gesê.

Die Score-projek is deur die ministerie van die omgewing en toerisme, asook die ministerie van landbou, water en bosbou toegepas, en gefinansier deur die Global Environment Facility (GEF) se spesiale klimaatsveranderingsfonds (SCCF).

Dit is gedoen in samewerking met die ministerie van landbou se direktoraat vir landbouproduksie, -uitbreiding en ingenieursdienste (DAPEES), die Agentskap vir Landboubemarking en -handel (AMTA), streeksrade en AgriBank.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.33/OZ DOWN -0.004 | Copper US$ 4.83/lb DOWN -0.0129 | Zinc US$ 2 972.60/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.50/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 1 053.70/OZ DOWN -0.0151 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.33/OZ DOWN -0.004 | Copper US$ 4.83/lb DOWN -0.0129 | Zinc US$ 2 972.60/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.50/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 1 053.70/OZ DOWN -0.0151