Die regte ding om te doen
Jacqueline Louw - Soms kom die beste sêgoed uit andersins vergeetbare rolprente.
Soos The Weatherman met Nicolas Cage. Dit is nie ’n slegte fliek nie, maar beswaarlik klassieke materiaal.
Michael Caine speel daarin, wat dit outomaties die moeite werd maak om te sien en een van die dinge wat sy karakter vir sy volwasse seun sê is: “Om enigiets van waarde te kry, moet jy opoffer. Die moeiliker ding om te doen en die regte ding om te doen, is gewoonlik dieselfde ding. Niks wat betekenis het, is maklik nie. Maklik is nie iets wat jy in die volwasse lewe teëkom nie.”
Ek het daardie fliek net een keer gesien, maar sy woorde het my bygebly en ek herhaal dit dikwels aan myself en aan kinders.
Baie jong mense is geneig om te dink dat dinge self gebeur en ons waardeer nie altyd die waarde van wat ons doen tot veel later nie.
Toe ek jonger was, wou ek graag ’n veearts word en het een vakansie aangebied om na vriende se honde om te sien. Ek het gou besef my taak het min te doen om met skattige klein hondjies te speel, maar baie met vervelige roetinetake. Die realiteit was, op sy beste, ’n sirkus waaroor ek beperkte beheer gehad het.
Daar was babahonde wat ekstra sorg nodig gehad het en eksentrieke lekkerbekke wat daarvan gehou het om te sosialiseer, maar net nie wanneer hulle eet nie. Dit was kompleks.
Om alles te kroon het dit vir dae aaneen gereën en droë honde is definitief meer pret as nat honde. Maar aan die einde het ek die genoegdoening ondervind van ’n taak wat goed afgehandel is.
Ons lewe in buitengewone tye in ’n wêreld waarin die omvang van probleme enorm is. Nou - meer as ooit tevore - verg dit van ons om die regte ding te doen.
Van die vlugtelingkrisis in Sirië en die trauma wat mense daar beleef, is ons ver verwyderd. Maar nuwe beelde in die media wys elke dag ’n hele nasie sonder heenkome – nie deur hulle eie toedoen nie.
Jordanië is die land waarvoor ek die meeste bewondering in hierdie humanitêre krisis, die grootste van ons leeftyd, het. Dié arm, nie-olieproduserende land met ongeveer ses miljoen inwoners wat vir dekades al ’n heroïese stryd voer om die beste opvoeding en maatskaplike welvaart vir hul bevolking te voorsien, het hul deure opgemaak vir 1,3 miljoene vlugtelinge.
Ses van die wêreld se rykste lande wat vir 60% van die wêreldekonomie verantwoordelik is, huisves 9% van die wêreld se vlugtelinge. Meer as die helfte van die vlugtelinge het ’n heenkome in lande soos Jordanië gevind, wat slegs 2% van die wêreldekonomie verteenwoordig.
Hulle betaal egter ’n hoë prys – maatskaplike en fisieke infrastruktuur is naby breekpunt.
Ten spyte daarvan trotseer hul die uitdagings van die invloei van vlugtelinge op ’n positiewe wyse. ’n Ongelooflike voorbeeld van wat dit beteken om die regte ding te doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie