Die positiewe kant van Covid-19

Die kapasiteit in staatshospitale en -klinieke landswyd het noodgedwonge broodnodige ingrypings gehad.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Een van die dodelikste tydperke in Namibië se nasionale voorbereiding en reaksie tot die Covid-19-pandemie.

Die derde golf van die siekte in Junie en Julie, gedryf deur die hoogs aansteeklike Delta-variant, het ’n hewige tol van die land geëis in terme van mense wat met ernstige en kritieke simptome in die hospitaal beland het en dié wat die stryd teen die siekte verloor het.

Dié golf is gekenmerk deur ’n tekort aan beddens in hospitale oraloor die land, suurstofvoorrade wat uitgeput is en die kapasiteit van die land se gesondheidslui wat tot die uiterste beproef is. Die omvang word die duidelikste geïllustreer in die hoogste aantal gevalle per dag wat tydens die eerste golf (Augustus 2020) en die tweede golf (Desember 2020) van onderskeidelik 316 op 13 Augustus en 683 op 13 Desember aangeteken is.

Die positiewe is dat die land se gesondheidstelsel (staat sowel as privaat) noodgedwonge kapasiteit dringend moes verhoog om in pas met daaglikse getalle en sterftes te bly en ook ’n stewig fondasie te bou vir enige toekomstige golwe wat die land kan teister.

Namibië se “innoverende” benadering om bestaande gesondheidsinfrastruktuur te omskep as deel van die land se reaksie tot Covid-19, het ’n afvaardiging van die Afrika Sentrums vir Siektebeheer (CDC) so beïndruk dat hulle die model aanbeveel het om in ander lande aanvaar te word.

LABORATORIUMS

Namibië het tans tien laboratoriums wat die kapasiteit het om vir Covid-19 te toets.

Tans het die land die derde hoogste kapasiteit in Afrika per 100 000 inwoners vir die toetsing van die siekte ná Suid-Afrika en Gaboen. Twee laboratoriums – die Universiteit van Namibië en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) in Suid-Afrika en deur die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) – doen ook genoomtoetsing en monitering vir enige variante van die virus.

Namibië se kapasiteit vir genoomtoetsing word verder verhoog deur die ondersteuning van die CDC.

Blitstoetse wat deur die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) vir gebruik goedgekeur is en met ’n goedgekeurde laboratorium, kliniek en hospitaal verbind is, is ook ingespan om gevalle spoedig te identifiseer.

Die invordering van data vir rekordhouding by immuniseringspunte het ook ’n hupstoot gekry met die gepaste rekenaartoerusting om dié proses te versnel. Kapasiteitsbou vir personeel is uitgebrei deur aanlyn opleiding vir personeel in gevallebestuur en noodsorg.

ISOLASIE

Verskeie isolasiegeriewe is vanaf Junie verlede jaar tot September vanjaar voltooi en kan van vier tot 24 beddens huisves. Dit sluit in Windhoek Sentraal (24 beddens), die hospitale in Walvisbaai (24), Opuwo (4), Oshakati (4), Eenhana (12), Okongo (8), Rundu (8), Katima Mulilo (12), Gobabis (8), Mariental (12) en Keetmanshoop (12). Soortgelyke projekte is onderweg op Okahao (12), Andara (12), Otjiwarongo (12), Okahandja (12) en Karasburg (8).

’n Isolasiehospitaal met 12 beddens is op Okahao in aanbou, terwyl die konstruksie van nog isolasiegeriewe op Andara, Otjiwarongo, Okahandja en Karasburg in ’n gevorderde stadium is.

Die voormalige tuberkulose (TB)-saal by die Katutura-hospitaal word ook uitgebrei om ’n bykomende 96 beddens te huisves. In dieselfde hospitaal is saal 4A in ’n saal met 64 beddens en saal 5A in ’n saal met 34 beddens omskep.

Namibië het voor Covid ’n ernstige tekort aan intensiewesorgeenhede (ICU’s) gehad, met verskeie eenhede wat nou oraloor die land geskep is of opgerig gaan word. In die staatshospitaal op Keetmanshoop word ’n eenheid met 15 ICU-beddens geskep. Op Katima Mulilo word ’n eenheid in dié hospitaal in ’n ICU met 14 beddens omskep.
Met verwysing na distrikshospitale se gebrek aan kapasiteit om kritieke siek Covid-pasiënte te huisves, gaan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ook eenhede op Outapi in Omusati, Otjiwarongo in Otjozundjupa, Rundu in Kavango-Oos, Gobabis in Omaheke, Mariental in Hardap, Engela in Ohangwena, Opuwo in Kunene en Nankudu in Kavango-Wes skep. Die kapasiteit van dié eenhede wissel van 10 tot 15 beddens per hospitaal.

Bykomende kapasiteit is ook by bestaande infrastruktuur gevoeg en wat insluit die ten volle toegeruste Covid-19-tent met 70 beddens by die Windhoek Sentrale Hospitaal, sowal as die voormalige gebou van die NIP wat 46 beddens huisves. Nog ’n Covid-19-eenheid met 98 word by die Katutura-hospitaal ingerig.

LYKSHUISE

Die groot en voortgesette aantal sterftes tydens die derde golf het veral geweldige druk op staatslykshuise geplaas. Ruimte vir die stoor van liggame moes inderhaas by die Windhoek Sentrale Hospitaal, Mariental, Walvisbaai, Okahandja, Otjiwarongo, Outapi, Onandjokwe, Gobabis en Tsumeb uitgebrei word.

Dit sluit twee verkoelde vraghouers met 32 kabinette elk by die staatslykshuis by die Windhoek Sentrale Hospitaal, ’n verkoelde vraghouer met 25 rakke by die staatshospitaal op Mariental, ’n verkoelde vraghouer met 45 kabinette op onderskeidelik Grootfontein en Okahandja, ’n verkoelde vraghouer met 16 rakke op Rehoboth asook vier verkoelde vraghouers met 16 rakke elk vir Otjiwarongo, Gobabis, Keetmanshoop, Onandjokwe en Outapi in.

SUURSTOF

Die stygende aantal hospitalisasies tydens die derde golf het ook geweldige druk op die toegang tot en beskikbaarheid van voldoende en betroubare suurstof aan ernstige siek pasiënte geplaas.

Dit was duidelik met die geweldige struikelblokke wat in dié verband ervaar is sal Namibië plaaslike kapasiteit vir suurstofproduksie moet skep.

Grootmaatsuurstoftenks is by verskillende hospitale opgerig, terwyl suurstofsilinders ook aangeskaf is om in die grootskaalse behoefte te voorsien. Dit sluit in Katutura-hospitaal se respiratoriese eenheid (20 ton), Walvisbaai (6 ton), Tsumeb (6 ton), Oshakati (20 ton), Katutura-verpleegkwartiere (13 ton) en Swakopmund (20 ton).

Met verwysing na draagbare suurstofsilinders is 300 na veral afgeleë klinieke en hospitale landswyd gestuur.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%