Die ou vaal, en die nuwe skewe huise
RATEL VAN HENTIESBAAI SKRYF:
So ‘n dag of wat gelede was daar ‘n berig in die Repulikein oor die gemors met die bou van ekonomiese huise in Hentiesbaai.
Die koerant het foto's geplaas van voorbeelde van halfgeboude huise en ander bougemors. Om die een of ander rede het die bouers die huise nie klaar gebou nie en as mens ook so na die kwaliteit van die werk kyk, dan is mens dalk ook miskien dankbaar dat die huise nooit klaargemaak is nie.
Die groot vraag by ons, die publiek en inwoners van Hentiesbaai, is met watter geld is die skema befonds en wie het hierdie projekte bestuur? As mens uit jou eie ondervinding dink, dan moes die projekte uitgedink en beplan wees deur die tegniese afdeling van die munisipaliteit. Die ontwerpe van die huise moes gedoen gewees het, die kosteberekening van die verwagte koste uitgewerk gewees het, en dan moes hulle dit alles na die raad toe gevat het vir hulle goedkeuring en aanbevelings, en dit word dan voorgelê aan die regering om die nodige fondse te beding.
Toe is daar na bouers gesoek en ons het verskeie manne (en dames) gesien wat kontrakte vir vele huise by die munisipaliteit gekry het. Oor die kriteria waarmee op hulle besluit is, praat mens nie, maar op die foto's kan gesien word wat die gevolge is.
Orals is stories van sulke bouers wat die geld wat hulle vooruit ontvang het om materiaal te koop, gevat het om sommer heel eerste ‘n bakkie aan te skaf!
Normaalweg sou mens gedink het die tegniese afdeling sou die projekte bestuur het, bygestaan deur inspekteurs, om die nuwe bouers met raad en daad by te staan en te voorkom dat sub-standaard materiaal aangewend word. Dis duidelik dat daar geen beheer was van hulle kant af nie, maar sou jy dit waag om in Hentiesbaai se dorp te bly en jy wil huis koop/verkoop of sommer gewoonweg aanbou, dan ruk dieselfde afdeling dadelik die regulasies uit en die bouplanne word in fynste besonderhede bestudeer.
Die vraag wat by my opkom, is hoekom die munisipaliteit blykbaar die dorpkant probeer reg bestuur, maar hier in Omdel, hier bly volgens hulle duidelik nie ordentlike mense nie en hulle is nie geregtig op die munisipaliteit se sorg en bestuur nie? Doer al met die "vaalhuise", destyds toe substandaard huise met ysterdakke aan die kus gebou was, was die begin van die gemors en vandag hou dit steeds aan!
Iemand moet verantwoording doen. Dit sal die die tegniese bestuurder wees, synde dat die burgemeester homself al klaar verontskuldig het?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie