Die oranje bak met die geriffelde indrukdeksel
Die oranje bak met die geriffelde indrukdeksel

Die oranje bak met die geriffelde indrukdeksel

Henriette Lamprecht
Die oranje is nie meer die helder van ’n sonsak oor ’n Kalahari se duin nie. Hier en daar skuil ’n krapmerk of twee en die riffeldeksel was al ’n keer of wat vir ’n wyle soek. Sou dit kon praat, sou dit stories vertel van braaivleisvure van veral wortelslaaie met Oros en pynappelstukkies en aartappelslaaie met gekookte eiers en pietersielie.

Soms ook ’n bêreplek vir koue stukkies boud wat van Sondag se middagete oorgebly het en vir ’n witbroodtoebroodjie met mosterd. ’n Storie sou ook insluit ’n kinderpartytjie met rooi koeldrank en kaaskrulle in die oranje bak vir klein vingertjies wat later oranje is van al die proe.

Die oranje bak is deel van ’n boedel vol erfenis uit vervloë dae toe Ouma Vlam een van vele verkopers op die platteland was en dit die een partytjie was wat jy nie sommer misgeloop het nie. Groot was die verbasing toe ek ’n week of drie gelede op pad na ’n afspraak verby ’n advertensiebord loop wat wys Tupperware woel dekades later steeds onder van plattelanders tot stedelinge.

Sewe dekades gelede eksperimenteer ’n Amerikaanse chemikus met plastiek wat in daardie tyd ’n nuutjie was en nie so bekend aan Jan Alleman soos dit vandag is nie, en ook nog nie kans gehad het om die slegte te naam te ontwikkel wat dit vandag het nie.

Earl Tupper skep uit poliëtileen, wat aanvanklik swart en hard is en op die koop toe stink, ’n vormbare plastiek wat buiten buigbaar ook duursaam is. Volgende is ’n waterdigte, lugdigte deksel vir sy plastiekhouer wat kos vars kan hou en wat jy boonop op mekaar, houer op houer, in jou yskas kan bêre.

Niemand stel egter in Tupper se plastiekmaaksels belang nie en ’n saketydskrif basuin op sy blaaie uit Tupper se ware maak in winkels geen hond haaraf nie.

Wat Tupper egter nodig gehad het, was die wysheid en visie van ’n vrou, in dié geval die geskeide enkelma van Detroit, Brownie Wise. Brownie het gekook op ’n huispartytjie en het ’n prentjie gesien van die potensiaal wat Tupper se plastiekskeppings ingehou het. Daardie tyd, volgens geskrifte, het huisvrouens borde met oorskietkos met ’n stortkeppie bedek om die varsheid binne te hou.

Volgens Brownie was dit nou egter nie meer nodig om die stort na die kombuis te bring nie, danksy Tupper se drukdeksel wat alles binne vars gehou het. Brownie Wise van Party Plan sien egter die potensiaal en in 1951 verdwyn Tupperware van winkels se rakke en maak hul verskyning in sitkamers en leefkamers tydens partytjies waar die ware met trots gesmous word.

Die eerste partytjie op Britse bodem was in Oktober 1960 aan’t huise van ene Mila Pond te Weybridge en dit sou later uitbrei tot ’n sitkamer in van Otavi tot Kombat tot Mariental. Brownie se plastiekpartytjies is so ’n sukses dat sy die eerste vrou op die Business Week-tydskrif se voorblad is. Teen 1958 versuur die verhouding tussen die mediasku Tupper en besige Brownie wat toe algemeen as die gesig van sy produkte bekend was.

Die bee in Tupper se bonnet was Brownie se bestuurstyl en die feit dat haar fokus op huisvrouens was. Tupper en sy raad van manne besluit om Brownie summier die trekpas te gee en in dieselfde jaar besluit hy om sy plastiekkoninkryk aan ’n ander maatskappy te verkoop.

As jy vandag egter by ’n partytjie iewers in ’n voorstedelike huis beland waar daar plastiekspeletjies gespeel word wat die volgende behels, is jy Tupperware-tuis.

Die partygangers vorm twee spanne en elk kies ’n leier. Die leier hardloop oor die breedte van die sitkamer met ’n vyfdollarmunt tussen knieë en probeer om dit in ’n oop bak (Tupper) te laat val.

Dan volg die res van die partytjiegangers met húl vyfdollarmunte tussen die knieë sy voorbeeld.

Iets soos ’n leeuloop vir plastiek.

Die eerste span wat al sy munte in die bak het, wen. Natuurlik ’n plastiekprys.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%