Die Ombudsman maakrverskeie aanbevelings
Die Ombudsman maakrverskeie aanbevelings

Die Ombudsman maak verskeie aanbevelings

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Statistiek wys die ministerie van grondhervorming het in die tydperk van 27 jaar 517 hervestigingsplase teen 'n koste van N$1,8 miljard aangekoop.

Die Kantoor van die Ombudsman maak in sy verslag oor die grondhervorming en hervestiging in Namibië verskeie aanbevelings om die proses te verbeter:

• Maklike registrasie deur middel van 'n vaartbelynde, bekostigbare en toegank­lik proses, veral vir inwoners van afgeleë landelike gebiede, ook om kommunale grond te registreer.

• Evalueer en verbeter die kriteria vir hervestiging. Omskryf minderbevoorregte persone meer doeltreffend.

• Ontwikkel beter formules vir die onderverdeling van hervestigingsgrond.

• Konsultasie met ­individue en groepe voor en tydens hervestiging.

• Openbare bywoning van hervestigingskomitees se vergaderings en absolute deursigtheid oor komitees se aanbevelings/besluite.

• 'n Nasionale grondregister moet voortdurend bygehou word en toeganklik vir die publiek wees.

• Vestig multi-sektorale ondersteuning ná hervestiging wat opleiding insluit.

• Monitor hervestigde boere met gereelde inspeksies. Boere moet infrastruktuur in stand hou.

• Meer hulpbronne vir die verkryging van hervestigingsgrond.

• Dwing die betaling van huur en verbod op onderverhuring streng af en oorweeg jaarlikse verhogings in huur.

• Huurooreenkomste moet in plaas van 99 jaar nie langer as 10 jaar geld nie. Hervestigde boere moet ideaal so gou moontlik die grond koop. Die geld kan verdere hervestiging finansier.

• Ondersoek die buitensporige pryse van grond, veral in stedelike gebiede.

• Beskou die toekenning van grond in die hoofstad en dorpe deel van hervestiging. Sommige wil en kan nie boer nie.

• Boere moet met aftrede die toekenning van ­grondregte oorweeg aan plaaswerkers wat al geslagte in hul diens is.

• Stel 'n kommissie van ondersoek aan om die bedreiging van inheemse groepe se reg op grond te ondersoek.

• Noue samewerking met ­inheemse groepe oor regte op tradisionele grond.

• Ondersteun inheemse groepe in die heropbou van hul gemeenskappe.

• Ondersoek praktyke wat teen vroue diskrimineer met betrekking tot toegang en ­eienaarskap van grond en erflating.

• Verseker weduwees kan aanbly op grond wat aan hul mans toegeken was.

• Ontwikkel afdwingbare meganismes vir die voorkoming en omkeer van omheining in kommunale gebiede.

• Ontwikkel kommunale grond wat deur ­kleinskaalse kommunale boere gehuur kan word.

• Hersien die grondkonferensie van 1991 se ­voorstelle oor die eienaarskap van grond deur buitelanders, afwesige eienaars en eienaars met meer as een plaas.

• Hersien die verslag van die permanente tegniese span vir grondhervorming wat in November 2004 opgestel is.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer