Die Oghoest Huis en die winde
DISONNERIBBEL OOM PEET SKRYF:
Noem dit ’n Ôghoest-nagmerrie!
Reeds sedert middel Maart 2020 beleef ons dié huidige pes. Ja, danksy ons koerante en knoppie-media, treiter Covid ons emosies en bly die tôpiek aaneen op ons tonge.
Loop saam: Maarts/Ypril/Joen/Joelai en . . . Ôghoest! Hoeka al heet dié maand Augustus na ’n Hage-agtige soort keiser of president, of sommer net jôr ônner Ôghoest.
My woordeboek sêg oor ôghoest: “dignified/majestic/noble” Sjoe! So ’n pragtige protokol-tongklapper!
Daarmee saam gaan die heuningkwassie “ônneribbel”. Ônneribbel members in die Ôghoest House se gewone name soos byvoorbeeld Katriena/Soufie/Hage/Esau/Sacky ens. klink hemels met die mooi titeltjie by.
Tyd staan ook nie stil in die ôghoest huis nie. Die hele volk hinkepink reeds van Maart 2020 af tot nou in Januarie 2021 agter maskers, leë beloftes - 'n lang lys - aan. Agter ons rug lê talle gebeure: o.a. veelkleurige korrupsie in al sy vorme, ’n soort verkiesing, Covid-sterftes, stakings, okapi-moorde, verkragtings en wat nog?
’n Rapsie meer as vyf jaar gelede toe die Swapo Boss of Bosses die Namibian House se huisvader geword het, was die Bybel byder- (onder) -hand. Daarop is toe gesweer hoe die land regeer gaan word: “So help me, God.”
Was dit die God van die protokol se bybel onder die Boss se hand of een van vele ander gôtte? Sedertdien wil dit voorkom of ons ons in ’n duisternis van ongekende proporsies bevind – die hele nasie.
Wat is nog ôghoest aan alles?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie