Die Moerbye is besig

Nuwe jaar hou baie in vir Outjo se spogskool
Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Privaatskool Moria is al vir jare ‘n klein skool met ‘n groot reputasie.

Tydens Noorderlig se onlangse besoek aan Outjo het ons gaan uitvind wat dit laat uitblink en hoe die pad vorentoe lyk.

“Dis interessante tye,” sê mnr. Niel Prinsloo, Moria se bemarkingsbestuurder.

“Skole sukkel natuurlik sonder die subsidies van die regering, maar dit het ook vir ons die geleentheid gegee om meer kreatief te raak met hoe ons fondse insamel en hoe ons onsself aantreklik vir borge en ondersteuners maak.”

2018 hou groot dinge in vir Outjo se spogskool. Met ’n nuwe skoolhoof, ’n indrukkwende saal en uitbreidings van die sport- en kultuurafdelings, is die Moerbye beslis bedrywig.

Daar is uitsonderlike gees by Moria. Die energieke kinders het duidelik selfvertroue, maar is ook nederig, en toon deurgaans respek vir besoekers én mekaar.

In ‘n hoekie op die speelgrond deel ’n paar vriende die inhoud van hul kosblikke en ‘n ent verder speel ‘n groep seuns en ‘n onderwyser krieket.

“Ons het groot planne vir ons skool. Ons is gefokus op die bemagtiging van ons leerlinge en om hulle bloot te stel aan hul potensiaal en alles wat hulle kan bereik in die lewe,” sê Prinsloo.

“Dit vat groot beleggings, maar ons sien dat die gemeenskap agter ons staan en dit glo ons is danksy die feit dat hulle sien hoe ons altyd daarop mik om die skool vorentoe te vat.”

Een van die beleggings is ’n nuwe skoolsaal wat tans volgens Olimpiese gimnastiek-standaarde gebou word. Dit maak soveel indruk dit het ’n voormalige Suid-Afrikaanse gimnastiekkampioen geïnspireer om ’n nuwe hoofstuk daar te wil begin.

“Ek het aanvanklik net bietjie hier op Outjo kom kuier, maar ek het so verlief op die dorp geraak dat ek ‘n bietjie langer aangehang het,” sê mej. Eliana Burger, ’n 20-jarige wat vir meer as 12 jaar aktief op die hoogste vlakke van die sport deelgeneem het en haar land talle male in die buiteland verteenwoordig het.

“Ek het eendag ’n byeenkoms by die skool bygewoon. Toe ek sien wat hulle besig was om op te rig vir die leerders, het iets my net gesê dat ek hier moet betrokke raak,” sê sy en voeg by sy het reeds ’n paar kampioene onder die skool se leerders gesien.

“Dis maar ’n klein begin. Daar kort nog toerusting en die gimnasium word nog klaargemaak, maar ek verstaan dat daar klaar borge gevind is en binnekort sal die skool ‘n volledige gimnastiekprogram kan aanbied. Ek hoop dat ek daarby betrokke sal kan wees,” sê sy.

2018, hier kom die Moerbye.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.03 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.67 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.67 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.67/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 892.00/T DOWN -2.1% | Brent Crude Oil US$ 83.08/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 964.40/OZ DOWN -0.0145 #N/A