Die Mercedes en die sement
Dani Booysen - Op sosiale media het een gonsgesprek die naweek gehandel oor adjunkminister Juliet Kavetuna se uitstappie Sondag ná kerk om gou drie sakke sement vir bouwerk by haar huis aan te skaf.
Die swart Mercedes-Benz met 'n groen nommerplaat het natuurlik aandag getrek.
Bestaande reëls laat politieke ampsbekleders toe om staatsvoertuie vir private doeleindes te gebruik. Dalk moet die reëls hersien word.
Die IPPR wou desondanks weet of hierdie en soortgelyke optrede eties is. Mnr. Nelius Becker van die ACC het gevra of die optrede van diskresie getuig, of die regering se beeld skade berokken het.
Baie inwoners het reeds 'n negatiewe siening van die regering.
Die voorstel dat Kavetuna eerder haar amps-4x4 moes gebruik het, ontlont nie die polemiek nie. Die vraag is of politici hulself vooraf afvra hoe hul optrede beoordeel sal word. Om gou 'n private voertuig tuis te gaan haal het, sou nie die klein bouprojek in duie laat stort het nie?
Die agbare Kavetuna sê die publiek is oningelig oor haar en kollegas se werksvoordele. Só eenvoudig is dit ook nie.
Is daar baie belangriker kwessies as die Benz en die drie sakke sement, of is dit bloot simptomaties van groter probleme? Waar persepsies bestaan dat leiers weens toe-eiening en aanmatiging inwoners se belange versaak, is só 'n uitstappie glad nie meer so onskuldig nie. Nog meer so 'n vakansie in 'n buurland met 'n ampsmotor.
Gaan 'n ander registrasiemerk aan Kavetuna toegeken word omdat sy soos 'n “teiken” voel? Niemand anders sal GRN 81 wil hê nie. . .
So sê ander
24 Januarie 2018
Volksblad sê
Met die noodgedwonge sluiting van die gewilde Gariep Kunstefees in Kimberley, verloor die Noord-Kaap, Afrikaans en die kunste 'n juweel van groot waarde.
Hiervoor is politieke jagmakery grootliks te blameer, naas finansiële realiteite in 'n swak ekonomie.
Te dikwels word die raskaart gespeel met Afrikaans wat as gerieflike judasbok dien.
Verlede week was dit by Hoërskool Overvaal die geval. Met die wysiging van die Universiteit van die Vrystaat se taalbeleid is Afrikaans ook as die “verdeler” voorgehou.
Die gety het teen die fees gedraai, omdat politici wat politieke punte wou aanteken nie die welslae daarvan kon verdra nie en geweier het om die opbrengs op hul belegging van R1,6 miljoen te erken. Toenemend seëvier respekloosheid vir mense- en taalregte. Dit is skandvlek dat 'n Afrikaanse fees in die mees Afrikaanse provinsie in die land weens politieke kleinlikheid en vooroordeel sneuwel.
• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie