Die lesse wat die Kiem ons sou leer
Henriette Lamprecht– Dit was iets waarna mense dae, weke en nou 'n jaar daarna by ander wou weet “waar was jy die dag toe…”. Die dag 'n jaar gelede toe alles binne 'n oogwink sou verander wat ons altyd as vanselfsprekend aanvaar het.
Eers later sou die werklikheid insink en die probeer aanpas by 'n nuwe ritme van hoe dinge voortaan sou verloop. Dit voel soos gister toe ek by 'n bootresies buite Windhoek die oproep van 'n dringende nuuskonferensie by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste kry. Reeds die vorige aand het dit in die sosiale media gegis dat die Kiem ook Namibië se grens oorgesteek het. As gesondheidsjoernalis wat reeds weke vroeër oor die Kiem geskryf het wat in Afrika was en stadig suid begin kop uitsteek het, was die vooruitsig vir die storie van die jaar groot.
Voor die ministerie het joernaliste saamgebondel en opgewonde gespekuleer oor wat die groot nuus was. 'n Uur of wat later het die minister bevestig waaroor ons almal gewonder het, Covid-19 was inderdaad in Namibië en die Roemeense egpaar wat die draers van die tyding was, was in isolasie in 'n gastehuis.
Onder mekaar het ons gewedywer om so gou as moontlik op elke moontlike platform die nuus die wêreld in te stuur. Naarstiglik is na onderhoude met kenners gesoek wat van langs die sportveld gehaal is om in kortbroek en T-hemp op die pasgebore Covid-19-Facebookprogram meer oor die Kiem te vertel.
Dae – soveel van hulle, tot lank nadat die son gesak het – het voor rekenaars gevolg waar adrenalien en koffie en daardie iets in jou wat jou regtig joernalis maak, jou gedryf het om meer en beter oor die Kiem te skryf.
Toe die stilte oor Windhoek grendel en ek soggens met 'n toestemmingsbrief en 'n mediakaart een van enkele motors is wat as “noodsaaklike werker” die hoofstad se stil op pad werk toe aandurf, sink die besef al hoe meer in dinge gaan nie wees soos dit altyd was nie.
Tydens die grendel en tussen die skryf en gejaag na 'deadlines', is daar ook buiten die vrees dat dit juis jy gaan wees wat die Kiem huis toe dra, ook tyd vir laataand saamkuier met joune terwyl kerse flikker en jy stadig-stadig sluk aan jou laaste bottel rooi. Resepte word getoets, mure geverf en ja, ook gestook toe die wyn min en die pynappels meer word.
Vinnig word aangepas by aanlyn vergaderings en koerante word uitgegee en onderhoude gedoen via 'n redaksiegroepie en whatsApp-boodskappe.
Verhoudings word met kontakte gebou met wie jy vroeër miskien een of twee keer per maand vir 'n storie sou gesels. En tussen alles deur besef jy almal, of jy 'n minister of 'n polisieman of 'n verpleegster of 'n woordvoerder is, is méns en deel dieselfde vrese, hartseer en vreugde as jy. Wat ook ure en nagte opoffer om mediaverklarings uit te reik en joernaliste se immersoeke na antwoorde na die beste van hul vermoë te probeer beantwoord.
Jy huil saam toe die Kiem die eerste slagoffer eis; as 'n familielid vertel daar was geen tyd vir afskeid toe die ambulans 'n geliefde kom haal nie; geen laaste groet of woorde wat 'n leeftyd se saamleef en liefde vir oulaas kon bevestig nie. Die woorde van 'n dokter in 'n intensiewesorgeenheid waar die Kiem pasiënte saambind wat vertel die laaste gesig wat 'n persoon sien, is een wie se gesig verskuil is agter 'n masker. Jy raak woedend vir dié wat dit afmaak as wel, net nog 'n kiem, net nog 'n verkoue, terwyl hulle maskers afmaak as 'n samesweringsteorie en van Bill Gates tot die Wêreldgesondheidsorganisasie afmaak as monsters en die duiwel self wat die wêreld wil oorneem. En nee, ek is nié op die Wêreldgesondheidsorganisasie se payroll nie en ek en Bill gesels nie saam oor hoe ons die wêreld gaan oorneem nie.
'n Jaar later is daar buiten die gevoel van “hier staan ons ten spyte van alles nog steeds, sterker en sterker” ook een van ongelooflike dankbaarheid vir die vriendskappe wat gesmee is; buiten die grendeltye saam met myne ook die besef dat die lewe maar net 'n asem kort is en dat Koos Doep reg was toe hy gesê het “alles, maar alles is net Genade.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie