Die kuns van 'n nuwe ledemaat
Van toe tot nou
Henriette Lamprecht – Die ideaal is om ’n pasiënt wat ’n ledemaat verloor het, ’n been of arm te kan gee en weer terug te plaas in die samelewing waarvan hy vroeër deel was.
In die verwesenliking van dié droom speel die vervaardiging van ’n nuwe ledemaat vir ’n nuwe lewenspad ’n reuserol. Om dié nuwe ledemate volgens elke pasiënt se unieke behoeftes nommerpas te maak, verg op sy beurt unieke vaardighede.
Pieter Hamaseb is die afgelope drie dekades by die ortopediese sentrum in Windhoek werksaam en maak van kunsbene, -arms en stutte. Hy vertel hy het in 1981 by die sentrum beland, nadat ’n soektog na onderdele vir rolstoele dit oor sy pad gebring het. Na ’n gesprek met dr. Francois van As is hy ’n werk aangebied en sedertdien het hy nooit weer teruggekyk nie, sê Pieter.
“Ek maak alles wat die pasiënte benodig met my hande. Ek maak kunsbene, -arms en stutte.”
Volgens Pieter verskil elke pasiënt se behoeftes en het elke handgemaakte item daarom sy eie uitdagings.
“’n Kunsbeen moet bv. in spiermassa en kleur presies dieselfde soos die ander been lyk.” Pieter verduidelik dat hy eers die kunsbeen maak en dan die kleur volgens die pasiënt se normale been meng en dan spuitverf.
Hy hou die meeste daarvan om stutte vir mense wat in ongelukke was, te maak. Volgens Pieter maak hy eers ’n gipsafdruk van die pasiënt se liggaam en begin dan die stut te bou.
“Ek moet die hele tyd volgens iemand se lyf werk en ek moet presies werk, anders maak die stut die pasiënt seer. Dit is handewerk en nie net iets wat aangekoop word en dan gemaak pas word nie, dit is ’n hele opbouproses.”
Pieter is deel van ’n span en wat onder meer vir Etienne Doman, ’n ortotis en prostetis, by die sentrum insluit. ’n Ortotis en prostetis is ’n hoogs gespesialiseerde lid van die mediese span wat handel met die meet, ontwerp, vervaardiging en pas van produkte om ’n deel van die menslike liggaam te ondersteun of te vervang. Die mediese span sluit onder meer ’n ortopediese dokter, spesialis, fisioterapeut en biokinetikus in.
Die einddoel is om die pasiënt terug te plaas in die posisie waarin hy was voordat hy ’n ledemaat verloor het. Beenpasiënte ontvang rehabilitasie en word gewys hoe om met die kunsbeen te werk, aan te trek, trappe te klim en te stap.
“Alles wat deel van sy daaglikse ‘struggle’ is, word hanteer en verduidelik,” vertel Etienne. Die proses verskil wel van pasiënt tot pasiënt.
“Die een met die meeste energie en wie se kop reg is, kom die vinnigste met die nuwe kunsledemaat reg.”
Kinders pas egter die vinnigste en maklikste aan.
“Ons het ’n seuntjie van so ses, sewe jaar gehad wat die nuwe been aangetrek en hier uitgehardloop het.”
Nog ’n seuntjie se pa moes tolk hoe om sy bobeenspiere te gebruik om sy knie te beheer met sy spiere.
“Hy het dit binne ’n dag gesnap. Volwassenes vat gewoonlik so week.”
Pasiënte het ook die opsie om die kunsledemaat oor ’n naweek te “toets” en aangemoedig om alles te doen wat hulle voor die ongeluk of besering gedoen het.
“Ons moedig hulle aan om ’n ‘obstacle course’ vir hulself op te stel. Gewoonlik as die pasiënt voor ’n fisiese struikelblok te staan kom, hetsy ongelyke terrein of trappe, is hulle baie onseker. By die huis kan hulle dit toets om te kyk hoe hulle dit met die nuwe ledemaat suksesvol kan aanpak. Ons moedig hulle ook aan om ná die naweek met vrae te kom as hulle gesukkel het.”
Die pasiënt se nuwe kunsvoet “dink nie soos ons nie”, verduidelik Etienne.
“Die voet bly staties, met nuwe tegnologie wat maak dat die nuwe been die terrein ‘lees’ en dit gevolglik draai soos dit moet.”
Die eerste simbiotiese knie en voet wat in Suid-Afrika en ook vir pasiënt hier beskikbaar is, sou hulle dit kan bekostig, het ’n elektriese knie en voet wat “saam met die pasiënt dink”.
“Die pasiënt gebruik sy bobeenspiere en knieligamente om normaal te kan loop.”
Dié Rolls Royce van kunsledemate kos tot N$280 000 en spog met ’n “eie brein” en ’n mikroskyfie waarmee dit werk. Volgens Etienne moet dit gereeld gediens word en word die sagteware waarmee dit werk, ook gereeld opgegradeer.
Standaard kenmerke van die been is “kunsmatige intelligensie” wat outomaties aanpas by die gebruiker se manier van stap en ook sy leefstyl. Dit spog voorts met outomatiese programmering en opstel vir vinnige en maklike aantrek deur die gebruiker. Die herontwerpte verlenging help ook met ’n vinniger en meer natuurlike swaai van die been. Dit het ook ’n verlenging wat met die hand gesluit kan word.
Volgens Etienne word die simbiotiese been in Ysland vervaardig en is daar in Suid-Afrika net drie persone wat dit gebruik.
Koste vir ’n kunsledemaat bly ’n kopseer, sê Etienne, met mediese fondse wat minimale uitbetalings hiervoor doen. Die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) betaal egter goed en staan pasiënte met hul rehabilitasie by.
Knie- en nekstutte word in Amerika vervaardig volgens die pasiënt se presiese mates. Dit duur gewoonlik ’n week en ’n half voordat dit terug by die pasiënt in Namibië is.
“Dit word van koolstofvesel gemaak en breek nie.”
Alle stutte, hetsy nek-, kop- of kniestutte word volgens die pasiënt se mates verstel en gemaak. Drie verskillende stutte is beskikbaar.
“Die een wat van die rak af beskikbaar is; die semi-stut wat volgens die pasiënt se mates op hom aangepas word en dan die stut wat van die begin af volgens die pasiënt se mates gemaak word.”
Volgens Etienne is dit egter belangrik om ’n pasiënt wat ’n ledemaat verloor het, die “ideale” been te gee.
“Ons neem in ag wat hy vroeër gedoen het, wat was sy leefwyse, hoe lyk die terrein waarop hy vroeër beweeg het. Ons wil hom terugsit in die omgewing waar hy vroeër was.”
Die pasiënt word ook aangemoedig om so lank as moontlik met krukke te loop om te sien hoe hy met die nuwe kunsledemaat funksioneer.
Dit bly ’n kwessie van oefening en selfvertroue, maan Etienne.
“Ons waarsku die pasiënt hy gáán val met die nuwe been, dit is altyd hul grootste vrees om te val.”
Pasiënte word ook aangemoedig om die kunsbeen by die huis te gaan toets waar hulle meer op hul gemak en uit die openbare oog is.
“Ons moedig die pasiënte aan om by hul huis vir hulle kussings en struikelblokke uit te pak. Wanneer hulle val, moet hulle weet wanneer en hoekom.”
’n Silikoonvoering word oor die pasiënt se stompie getrek en suig vas aan die vel. Die kunsledemaat word dan bo-oor getrek, met ’n pen wat indraai en die been “sluit”. Die voering is die enigste kontak met die pasiënt en veroorsaak aanvanklik baie sweet en dikwels ook ’n veluitslag van die wrywing. Hiervoor word spesiale salf voorgeskryf.
“Die pasiënt se vel raak egter later hieraan gewoond en ‘besef’ dis ’n alledaagse, normale ding.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie