Die koste van gehalte-gesondheidsorg

Bevolking 'verouder'

24 June 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht - Geweldige uitdagings staar Afrikalande in die gesig om gehalte-gesondheidsorg teen bekostigbare koerse aan inwoners beskikbaar te stel.

Dít is die kruks van ‘n onlangse Verenigde Nasies(VN)-verslag, wat fokus op gesondheidsorg en ekonomiese groei op die vasteland.

Die verslag is onder bespreking by ‘n vergadering van ministeries van gesondheid uit die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap(SADC)-streek wat tans in Windhoek plaasvind.

Volgens die verslag sal bestaande uitdagings in die komende dekades bly toeneem en gaan faktore soos demografiese en stedelike transformasie ’n ernstige impak hê op hulpbronne wat benodig word.

Die gebrek aan geskoolde dokters en aptekers in veral landelike gebiede is struikelblokke in die bereiking van volhoubare ontwikkelingsdoelwitte.

Afrika se bevolking sal na verwagting weens ‘n toename in geboortes en ‘n afname in sterftes tussen 2015 en 2050 verdubbel.

Teen 2050 sal byna ‘n derde van die vasteland se bevolking jonger as 14 jaar oud wees, maar die deel van die bevolking ouer as 65 jaar sal na verwagting in dieselfde tydperk verdubbel.

Laasgenoemde veroorsaak bykomende maatskaplike en gesondheidsorgkoste.

Volgens die verslag is Afrika se bevolking besig om vinnig te verouder, hoewel dit ‘n gemiddelde ouderdom van minder as 20 jaar het, en byna 60% van die bevolking is jonger as 24 jaar.

Dit beteken gesondheid moet behoorlik gefinansier word om nasionale gesondheidstelsels te versterk sodat in die verskillende gesondheidsbehoeftes van inwoners voorsien kan word.

Hoewel Afrika steeds oorwegend landelik is, het sy stedelike bevolking ook die vinnigste groeikoers.

Hoë gesondheidsrisiko’s staar stedelinge in die gesig, wat wissel van veranderende leefstyle tot eetpatrone wat tot vetsug en diabetes lei.

Baie inwoners, veral jongmense, migreer van landelike nedersettings na groot stedelike sentrums waar hulle in haglike, oorbevolkte gehuggies woon wat dikwels onvoldoende toegang tot verbeterde water en sanitasie het.

Volgens die verslag beteken ‘n laer siektelas nie noodwendig ‘n gesonder bevolking nie, omdat lande met ‘n laer siektelas meer nie-oordraagbare siektes soos diabetes het, wat baie duurder is om te behandel.

“Afrika het ‘n dubbele las van siektes, wat ‘n groot styging in gesondheidsuitgawes vereis om voldoende toegang tot gehalte-gesondheidsorg teen bekostigbare koerse vir almal te verseker,” lui die verslag.

Dit sê ook die meeste Afrikalande ervaar ‘n ernstige tekort aan vaardighede.

Uit die voorgestelde 23 geskoolde gesondheidswerkers vir 10 000 inwoners het 11 lande op die vasteland minder as vyf gesondheidswerkers vir elke 10 000 inwoners.

Lande soos Niger en Somalië het minder as twee geskoolde gesondheidswerkers per 10 000 inwoners.

In 23 lande is die verhouding van dokters tot inwoners baie groter in stedelike gebiede as in landelike gebiede.

Dieselfde geld aptekers.

Die verslag sê die grootste uitdagings wat nasionale gesondheidstelsels in Afrika ervaar, is lae besteding.

In die meeste Afrikalande word gesondheidsorg oorwegend deur uit-die-sak-uitgawes gefinansier (36%), met regeringsbesteding wat 35% finansier en buitelandse hulp sowat 22%.

Dit is ook nie ‘n gegewe dat hoërinkomstelande in Afrika altyd meer aan gesondheid bestee nie.

As gevolg hiervan dra ‘n groot aantal inwoners, veral die armstes, ’n buitensporige swaar las van gesondheidsuitgawes, of hulle klop eenvoudig nie om mediese hulp aan nie.

Die verslag sê die meeste Afrikalande kort dringend bykomende beleggings in gesondheid.

“Daar is ‘n dringende behoefte aan ‘n nouer vennootskap tussen private besighede en die openbare sektor om toegang tot gehalte-sorg te verseker teen die bekostigbare pryse wat inwoners verdien.”

Soortgelyk

 

Geen brandstof-tekort in Namibië verwag

13 minute gelede | Energie

Ronelle Rademeyer - Anders as in Suid-Afrika waar ’n tekort aan diesel tans beleef word, is Namibië se brandstofvoorraadvlakke nie onder druk nie.So sê mnr....

Geval nr. 22 se toestand kritiek

9 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

9 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

9 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...