Die kop en hart van die Afrikanervolk praat saam
’n Reiservaring deur Pedro Vorster
By die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is twee boodskappe in graniet gegraveer.
Een is van die leierskap, polities korrek. Een van die volksdigter, die hart van die volk.
By die monument
Julle was die tederes en ons kan biddend staan
Om wat te vind? Teerheid, berusting, ootmoed? Nee,
Dit sou ’n bitter hou in jul gesigte slaan
As dit sou al wees wat jul dood ons nou kan gee. – NP van Wyk Louw, Januarie 1934.
Die oprigting van die monument, sowat 3 km suid van die sentrale sakegebied van Bloemfontein, was kontroversieël, maar uiteindelik is die komitee-uitslag ’n oorwinning vir pres. Steyn. Hy dryf die konsep deur vir ’n gedenkmonument vir dié wat tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902 in konsentrasiekampe gesterf het. Dit was nie sonder teenstand nie. Sy opponente meen die monument sou Engeland asook Engelssprekende Suid-Afrikaners affronteer en die volk verdeel.
Hoe dan nou? Word daar nie gesê die waarheid sal jou vrymaak nie?
Tydens die onthulling van die monument op 16 Desember 1913 is pres. Steyn optimisties diplomaties in sy openingsrede:
“Die monument staan dus hier, nie om haat aan te wakker nie, maar om die liefde te bevorder; Want ek voorsien die dag wanneer elke deel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap - van watter oorsprong ookal . . . deur die monument sal verenig en dit as hul gemeenskaplike erfdeel sal beskou.” (Vertaal uit Nederlands).
Hoe vergeet ’n volk die sterftes van 27 972 mense wat gedwing is om in uiters haglike omstandighede te oorleef? Enige Afrikaner wat op die swart granietpanele sy familie se name ingegraveer vind, word emosioneel tot bitter nadenke geskok. Vergifnis kom moeilik, maar ’n mens kan nie behoorlik vergewe wat dof en onsamehangend is nie.
Met stomme statistiek word daar strak gefokus op die Boeremense se lyding. Dit is nie net daardie geslag wat byna uitgewis is nie, maar ook die generasie wat hulle moes opvolg.
In ’n museumfliek wat gebalanseerd probeer berig in die Burgermuseum langs die Vrouemonument, meen ’n geleerde dat die Britte nie bedoel het om die vroue, kinders en bejaardes in die skandalige kampe uit te roei nie, die kampe was bloot swak bestuur! Wat vir ’n lam verskoning. Wat noem ’n mens dit as daar voorgeskryf word dat kleiner rantsoene aan die vroue, wie se mans nog veg, gegee moet word?
Nee. Kom, laat ons nie doekies omdraai nie.
Die traak-my-nie-agtige Britse militêre owerheid het aanvanklik ’n doelbewuste verhongeringsveldtog in die kampe toegepas, totdat die publieke opinie so teen hulle gedraai het dat hulle later moes bontstaan om kamptoestande te verbeter.
Emily Hobhouse besoek die kampe in Suid-Afrika en keer ontnugterd terug na Engeland waar sy ongewilde nuus rapporteer. In Suid-Afrika is sy willens en wetens weerhou om Bethulie te besoek, een van die afgryslikste kampe waar daar 1 200 babas, kleuters, tieners, dogters, seuns, vrouens en bejaardes sterf binne ses maande.
Hoe sien ’n mens nie dat iemand verhonger nie? Hoe raak sterftes – van siektes wat kon verhoed gewees het deur basiese sanitasie en medikasie – jou nie aan nie?
By die monument aan die voet van die 37 m hoë sandsteen senotaaf is Hobhouse se as, op eie versoek, in 1926 begrawe. In die oop spasie wat die monument se twee boogarm-skutmure skep, is pres. Steyn, sy vrou, Tibie, eerw. Kestel en generaal De Wet ter ruste gelê.
Die oorspronklike monument is ontwerp deur die argitek Frans Soft. Die beeldhouer Anton van Wouw was verantwoordelik vir die vrouebeeld.
Daar is onlangs ’n gedenkmuur opgerig vir die gestorwe swart Suid-Afrikaners wat ook in konsentrasiekampe aangehou is, onder toestande erger as dié van die Boere. Uit die 140 514 wat in kampe hokgeslaan is, sterf ’n beraamde 24 000.
Die persentasie kindersterftes in die kampe vir beide bevolkingsgroepe is oor die 80%.
In die Burgermuseum is daar ’n foto van twee verslonste banneling Boerekinders wat albaster speel. Hulle kyk skaam vir die kameraman, asof hulle in ’n stoutigheid betrap is.
God wat albasters speel met die planete, sou verstaan.
Die 22 074 kindersterftes in die Suid-Afrikaanse konsentrasiekampe is hartverskeurend en kon verhoed gewees het.
Die verbande, verwaarloosde seuns was die gelukkiges.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie