Die kiesstryd in Zimbabwe
Selfs met Robert Mugabe uit die prentjie is die tweespalt oor Zimbabwe se jongste verkiesingsuitslag op sekere vlakke ‘n herhaling van onlangse demokratiese oefeninge in die buurland.
Die wedloop tussen Zanu-Pf se Emmerson Mnangagwa en Nelson Chamisa van die MDC was relatief naelskraap. In kontras hiermee het die regerende party parlementêre oorheersing behou. Dit gee sommige snuf in die neus.
Soos in Namibië speel die fragmentering van die opposisie ook ‘n belangrik rol. En soos plaaslik plant die lang en moeisame bevestiging en aankondiging van uitslae sade van wantroue. Modernisering van die prosesse sal soos in Zimbabwe ook in Namibië help om twyfel uit die weg te ruim.
Donderdag se urelange vertraging van finale uitslae waaroor die kieskommissie lankal beskik het, het ongelukkig soos pure vertoon gelyk.
Geweld was dalk meer beperk, maar versuur altyd ‘n verkiesing en skep voorgesette spanning.
Chamisa se voortydige aankondiging van ‘n beweerde oorwinning is niks nuut in politiek nie. Teenstanders sal dit teen hom gebruik.
Feite is nodig om kiesbedrog te bewys. Die sistematies aftakeling van die Zimbabwiese regbank se onafhanklikheid en vertroue in die buurland se howe, is egter ‘n spook wat enige beoordeling van die verkiesing sal belemmer.
Dalk is die tyd nog nie ryp vir ‘n bevrydingsbeweging in Suider-Afrika om onttroon te word nie? Veral met Mnangagwa wat hard gewerk het om op baie vlakke vertroue te wen.
Vir die streek is dit belangrik dat die twis gou opgeklaar word.
So sê ander
3 Augustus 2018
The pope makes the Catholic Church's opposition to the death penalty absolute
Pope Francis threw the weight of the Catholic Church behind the death-penalty abolition movement on Thursday.
Among the reasons for the shift: Changes in detention practices now make prisons sufficient to protect the public from the homicidal.
The strongest argument here is that even those who have committed the most heinous of crimes remain human beings deserving of the dignity of life — a view that resonates with the secular world as well. But there’s a more justice-based reason to oppose the death penalty — which has propelled us to bang a steady drum.
The capital punishment system in the U.S. has been rife with errors that have probably led to the execution of innocent people. Which means capital punishment is not only immoral in concept, as Pope Francis points out, but also unreliable in practice.
• LOS ANGELES TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie