Die invloed van manlike rolmodelle
ELIZE M SKRYF:
Op Donderdag die 22ste Oktober het Anoniem se opinie in die briewekolom gegaan oor die aandeel wat sommige vrouens soms het aan mans se geweld teen hulle. Graag wil ek ook 'n stuiwer in die armbeurs gooi.
Duisende seuns word grootgemaak deur vrouens. Min het enige betekenisvolle verhouding met hulle biologiese pa en van 'n navolgbare voorbeeld van 'n man in hulle lewe is maar min te sien.
En so gaan soek hy maar die rolmodel by die eerste die beste mansfiguur wat hy teëkom. So 'n man is dikwels maar 'n swak rolmodel. Hier word die spreekwoordelike eerste saad van geslagsgeweld gestort.
Hoe? Ons as vrouens, jong meisies geniet die seksmoment, maar het nie 'n saak daarmee dat daardie genot 'n neiging het om 'n hulpelose kind voort te bring nie. En net hier begin die kringloop wat so dikwels uitloop op geslagsgeweld.
Boetie het nie 'n benul hoe 'n man veronderstel is om teenoor die vrouens in sy lewe op te tree nie, want 'n pa bestaan nie in sy lewe nie.
Afgesien van die klein persentasie kinders wat die gevolg is van verkragting, is die ander die gevolg van dogters en vroue wat nalatig is met voorbehoeding en om een of ander rede die woord “nee” nie wil gebruik nie. En so begin die ou kringloop maar net weer van voor af . . .
Daar is ook ander redes vir mans se aggressie en woede teenoor vroue. Dit is allermins 'n eenvoudige kwessie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie