Die gróót kontrak
Via (DStv, kanaal 147) en die Afrikaanse musiekbedryf se grootste onafhanklike platemaatskappy, Coleske Artists, is op soek na die volgende groot Afrikaanse kunstenaar.
In ’n nuwe TV-reeks, Die kontrak, wat later vanjaar op die Afrikaanse leefstylkanaal uitgesaai gaan word, sal agt aspirantsangers dinge om ’n gesogte platekontrak uitspook.
Die kontrak se mentors – Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall – sal die agt talentvolste kandidate uit verskeie aansoekers kies.
Elk van hulle stap die kompetisie met ’n platekontrak binne. Die uitdaging is egter om die kontrak te
behou. Aan die einde van elke episode word een kontrak deur die grootbaas, Arnold Coleske,
opgeskeur, en teen die einde van die reeks ontvang slegs die wenner ’n kontrak met Coleske Artists.
Deur die loop van die reeks sal die agt aspirantsangers ook week na week deur ’n paneel van drie kenners beoordeel word, wat uit Corlea Botha, Theuns Jordaan en die kreatiewe regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte, Barry Pretorius, bestaan.
Die opwindende program sal deur Afrikaanse musiek se goue broer-en-suster-duo, Bobby en Karlien
van Jaarsveld, aangebied word.
As jy die volgende groot Afrikaanse kunstenaar is, skryf só in:
Maak ’n video van jouself waar jy jou gunstelingliedjie sing en:
1) Laai dit op die NetNuus-app se video-afdeling om seker te maak jou video word nie misgekyk nie. Sê
ook in dié video wie jy as mentor wil hê. Onthou om die hutsmerk #diekontrak te
gebruik.
OF
2) Laai dit op Facebook of Instagram, tag die mentor van jou keuse en gebruik die
hutsmerk #diekontrak.
3) Sê wie jy is, hoe oud jy is en waar jy vandaan kom.
Inskrywings is tans oop en sluit Saterdag 30 Junie om middernag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie