Die groot belang van gerustheid
JURIE VILJOEN SKRYF:
Ons lewe in ’n wêreldkatastrofe, omdat daar reeds meer mense dood is aan Covid as wat daar in die atoombomaanval dood is gedurende die Tweede Wêreldoorlog.
Ons hoor elke dag van bekende mense wat sterf aan die corona-virus. Ons doen alles om dit te vermy. Ons gorrel soutwater, ons snuif koeksoda, ons stoom en drink warm water, ons drink “skaapmedisyne” en sit in die son omdat die virus nie van hitte hou nie, ons vat die vaccine omdat ons nie weet wat om te doen nie.
Ja, ons isoleer onsself en gaan bly weke op die plaas, ons dra maskers en doen alles wat na ons oordeel reg is. Ons gryp na elke strooihalmpie om nie die virus te kry nie.
Ons skole is gesluit en die onderwysers wat nooit in die verlede gewerk het nie, verwelkom die situasie en apartheid kry die skuld vir die agterstand wat al groter word.
Ek wil graag op ’n mooi wyse reageer op die brief van mnr. Werner Gertz in die Republikein van 14 Junie. Daardeur sê ek nie dat u brief belaglik is nie, daar is net baie vraagtekens. Dit dui daarop dat jy nie seker van jou standpunt is nie.
Vandag was die string van motors by die Grove maklik ’n kilometer lank. Mense wat die ent wil vat. Ek het twee kleinkinders wat medies doen en hulle moes die ent vat. Onredelik?
’n Klompie jare gelede het mense vertel dat hulle nie ’n keuse gehad om gedoop te word nie en hulle het hulself ontdoop met haardroërs. Hoe belaglik!
Gelukkig het ons ‘n keuse om die vaccine te vat of nie.
Ek het dit gevat en nou weet ek van iemand in ’n klein dorpie wat heeldag ry om dit te vat, omdat die siekte nou in die familie is.
Ek wil graag een of twee vrae vra.
Van hoeveel mense weet u wat spyt is omdat hulle die vaccine gevat het? Hoeveel het in die koerant geskrywe?
Mnr. Swartz, ek het ’n gevorderde ouderdom maar ek is nie bewus van mense wat komplikasies het van die vaccine nie. Is dit dalk te gou? Of wat sê u?
As ek nou die dwase stap geneem het om geënt te word en ons wil dit ongedaan maak, moet ons in trane uitbars of ons polse sny? By wyse van spreke.
Dis so maklik om ander te oordeel. Dalk oorleef ons nie ’n tweede vaccine nie, maar ons gaan dit steeds vat.
Waarsku u uit liefde of om u eie siening te propageer?
Ek het nou vir u net so baie vrae gevra soos u gevra het. Ons het onder andere ook op aanbeveling van ons huisdokter die entstof gevat, maar ook oor die gerusstelling wat dit bied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie