Die goeie ou dae van ‘mix tapes’ en teleksmasjiene
Om my vindingrykheid met die stand van die jongste tegnologie te verduidelik, laat my sommer van die begin sê ek is nog by ‘tapes’.
Met die aanvang van ’n joernalistieke loopbaan was die getik op die komper amper so hard soos op ’n tikmasjien. Die hele kaboedel het ook ’n lessenaar vol gestaan en stories is op ’n “floppy” ge-”save” wat die grootte van toentertyd se “seven single”-plaatjie was. Floppy het jy soos ’n baba gekoester, want bewaar jou siel as daar ’n skrapie aan die vierkantige, brose lyfie was. Dit sou beteken Floppy is “corrupt” en die subredakteur kan met die skryfsels op Floppy net mooi niks maak nie. Wat beteken het jy moet maar weer voor jou komper inskuif en van voor af begin tokkel. Saam met Floppy was ter ondersteuning ’n uitgedrukte weergawe van jou storie wat met rooi pen al die taalfoute aangedui het. Soms, wanneer jy vir Floppy saam met die bekrapte skryfsel teruggekry het vir oorskryf, het soms by voorbaat die lus gehad om haar te “corrupt” as jy sien daar is min tik en baie rooi.
Van skandeerders en selfone was daar geen teken nie. Een aand per week was dit die verslaggewer aan diens se verantwoordelik om tot 23:00 die aand diens te doen. Die doel was om stories dop te hou op die Sapa, ’n nuusagentskap, se masjien wat met gereelde reëlmaat stories van dwarsoor die wêreld uitgespoeg het. Die Sapa-masjien het sy eie kantoor gehad en sou jy vergeet om te gaan loer of daar relevante nuus was, is jy begroet met hompe rolle papier wat jy noukeurig een vir een moes deurgaan om te sien of jy nie iets iewers gemis het nie.
Foto’s was net swart en wit en kleur in die koerant was ’n luukse. Rolle swart-en-wit film is in die donkerkamer ontwikkel wat suur geruik het van die vloeistof waarmee die foto’s ontwikkel is. “Bromides” is geskiet van foto’s wat later hul verskyning in die koerant sou maak en die koerant is elke dag met pynlike presisie en reëlmaat met hand op blokkiespapier opgetrek en drukkers toe gestuur. Stories is sonder die hulp van ’n selfoon en met ’n landlyn gebreek om die volgende dag op koerantblaaie te ontvou.
Dit was ook die tyd, let wel vir my, van “tapes” en voor die radio styf teen ’n luidspreker sit om die jongste Top 20 se treffers af te “tape”. Groot was die frustrasie as die aanbieder weer ’n sprak te sprook het as die liedjie klaar begin het, want dan is jou “mix tape” se skoon “tape” daarmee heen en is dit ’n gesukkel om betyds te stop by die laaste liedjie en weer begin waar die volgende liedjie inval. Geen “garage party” was ooit dieselfde as daar nie ’n “mix tape” die aand sy verskyning gemaak het nie.
Met die oorgang na nuwer tegnologie was ek by, maar steeds ook agter. Ek kan darem sê CD’s het hul verskyning ook in my huis gemaak en ’n Walkman was op ’n stadium ook aan my sy. My selfoon het ek onder die knie en kan van google tot foto’s neem en dis genoeg vir my. Vra my egter oor goed soos “pod casts” en “blue tooth” en dis dieselfde uitdrukking as ’n donkie wat vir ’n plaashek staar. Nie oor ek nie wil nie, maar omdat ek tot op hede nog goed genoeg daarsonder kon klaarkom en dit ’n kwessie is van as jy nie weet wat jy mis nie, dan weet jy nie wat jy mis nie. Gelukkig het ek slim kollegas en ’n dogter wat help waar my tegnologiese kennis te kort skiet. Soos om jou dogter te vra om ’n “app” op haar selfoon te installeer wat vir ma sê hoeveel tyd en op wat sy haar tyd spandeer. Met ‘n tydmeganisme iewers tussen die selfoon en tablet se ratte wat summier alle handelinge staak as sy besluit het dogter was genoeg daarmee besig. As dogter nou net vir my kan wys watter prentjie op my selfoon moet ek oopmaak om te sien waarmee wás sy besig...

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie