Die goeie feë van swanger vroue

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Janine Blom en Isabelle van der Walt se storie is een vol hoop, harde werk en deernis.

Die twee ma’s van Windhoek het gedroom daarvan om eendag die lewens van swanger vroue te beïnvloed en te vergemaklik.

Wat eens ‘n blote idee was, is vandag ‘n werklikheid – ‘n droom wat waar geword het, en daagliks die lewens van Namibiese ma’s verryk.

Dis veillig om te sê dié twee vroue kan as entrepreneurs beskou word.

Blom en Van der Walt is die eienaars en stigters van Baby & Kids Emporium, ‘n ekslusiewe baba- en kleuterwinkel, wat ook verskeie ander unieke dienste bied.

Hoewel die naam al ‘n geruime tyd aan Namibiërs en veral ouers bekend is, het Baby and Kids Emporium onlangs ‘n nuwe jas aangetrek en ‘n deftiger, groter, mooier winkel by die Maerua Lifestyle-sentrum geopen.

Die ma’s was keelvol daarvoor dat toegang tot unieke, maar praktiese baba-items in Namibië so moeilik is.

En só is hierdie suksesstorie gebore.

Hoe dit begin het

Janine het die oorspronklike Baby & Kids Emporium in 2015 begin. In daardie stadium was die winkel langs Sam’s Hobbies & Toys in Klein Windhoek geleë.

“Ek het meestal op kinderklere gefokus, maar ek het geweet daar is ‘n groot behoefte onder swanger mammas, mammas met klein babas, aan kraam- en borsvoedklere wat gemaklik en funksioneel is, maar terselfdertyd stylvol en elegant is.”

Janine sê sy het persoonlike ervaring hiervan.

“Dis belangrik dat kraamdrag nie net tydens swangerskap gedra kan word nie.”

Janine het toe begin voelers uitsteek op soek na ‘n swangerskapreeks wat ná geboorte ook gedra kan word.

“Sodoende was dit vir swanger vroue die moeite werd om in klere te belê wat ook ná die swangerskap gedra kan word,” sê sy.

Op ‘n dag het Janine en Isabelle se paaie gekruis, en vandag is hulle vriende en suksesvolle vennote.

Janine was veral bekend vir die reeks babalinne wat in haar winkel te koop was.

Isabelle het ‘n houtkot gemaak om by die linne te pas.

“Die spesifieke kot het só vinnig verkoop dat Isabelle dadelik nog een moes maak. Van daar af het die vraag na unieke babameubels en dekor só groot geraak dat ons ons talente saamgespan het en begin het om baba- en kinderkamers te ontwerp – uniek aan elke kliënt se behoeftes en smaak,” sê Janine.

Uniek en eenvoudig

Die unieke houtmeubels was so gewild, die twee vroue kon nie anders as om kragte saam te span en die nuwe avontuur aan te pak nie.

“Die ou winkel het eenvoudig net te klein geraak vir al die meubels wat ek maak. Ons het saam besluit dis tyd vir ‘n groter winkel,” sê Isabelle.

“Die hoofdoel met Baby & Kids Emporium is om mammas die bystand te gee wat hulle nêrens anders kan kry nie. Dit sluit in raad, besluitneming oor die regte produkte, en om in kliënte se unieke behoeftes te voorsien. Ons wil die een winkel wees waar ons kliënte tuis voel en alles kry wat hulle nodig het in ‘n kindervriendelike omgewing,” sê Isabelle.

Baby & Kids Emporium fokus op unieke produkte soos verpersoonlikte muurpapier, kindermeubels, beddegoed, klere en verskeie nagliggies, wat hulle volgens hul kliënte se behoefte óf self maak óf laat maak.

Alles word by die individuele kliënt se behoeftes aangepas.

Baby & Kids Emporium besoek kliënte ook aan huis.

Unieke meubels en spesifiek ontwerpte beddegoed volgens enige tema met die baba of kind se naam daarop gedruk, is ook moontlik.

Kliënte word deur bekwame en vriendelike personeel verwelkom en bedien, sê Isabelle.

“Ons is altyd beskikbaar en kliënte kan ons enige tyd in die winkel vir ‘n konsultasie ontmoet. Geen kliënt sal sonder die beste diens en raad by ons deure uitloop nie. As dit iets is waarmee ons nie self kan help nie, sal ons die kliënt na iemand anders verwys,” sê sy.

Wat hul unieke houtbmeubels betref, is daar nie perke nie, sê Isabelle.

“Ek maak van kinderbeddens tot eetkamertafels. Verpersoonlikte dekor soos ronde naamborde, beligte naambordjies, muurrakke, wiegstoele, bababeddens, laaikaste en binnenshuise klimrame,” sê Isabelle.

“Geen idee is onmoontlik om uit te voer nie. Ons is die fairy godmothers van swanger mammas,” sê beide amper gelyk.

“Ons werk tans aan ‘n projek waar ons ‘n gesiggie vir die handelsmerk soek. Hou gerus ons sosiale media vir meer inligting dop. Ons is baie opgewonde daaroor en sien uit na wat Namibië ons kan wys,” sê Janine.

Hul sukses skryf hulle toe aan rolmodelle, genade van bo, vertroue in mekaar se vermoëns, en baie trane en slapelose nagte.

Baby & Kids Emporium is Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 17:30, Saterdae van 09:00 tot 13:00 en elke laaste Sondag van die maand van 09:00 tot 13:00 oop.

Vir meer inligting, skakel 081 316 9411 of 081 898 7531.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.53 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.59/OZ DOWN -0.0091 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0044 | Zinc US$ 2 933.30/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP UP +0.02% | Platinum US$ 968.82/OZ UP +1.39% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.53 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.54 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.59/OZ DOWN -0.0091 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0044 | Zinc US$ 2 933.30/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP UP +0.02% | Platinum US$ 968.82/OZ UP +1.39%