Die goedkoop ou jare
Die goedkoop ou jare

Die goedkoop ou jare

Catherine Sasman
Mense wat ouer is as wat Namibië onafhanklik is, praat altyd oor die tye toe dinge soveel goedkoper was.

My ma het onlangs vertel hoe sy en pa – met ses kinders in die kar gelaai – van Kaapstad na Windhoek met net R11 in die sak kon ry.

Dit was iewers in die 1970’s. Sy kan ongelukkig nie presies onthou hoe ons almal dít oorleef het nie.

Sy kan nie onthou hoeveel vir brandstof, padkos en verblyf langs die pad betaal is nie, maar betaal het hulle betaal, en ons het almal in een stuk en heel gelukkig tuis gekom.

‘n Kollega wat vir die Duitse koerant werk, wys my onlangs ‘n advertensie uit ‘n koerant van 50 jaar gelede. Die datum van die uitgawe was 25 April 1968.

Die advertensie lui só: Een man vra: “Hoe ver kan ek met R736 reis?”

Die reisagent van Shaw Savill Line, wat destyds passasierskepe vanuit Kaapstad en Durban bedryf het, antwoord met ‘n selftevrede uitdrukking op sy gesig en arms gevou: “Rondom die ganse wêreld met Shaw Savill, met ons Southern Cross óf Northern Star!”

Die advertensie verduidelik verder: “Met slegs R736 reis jy 27 500 myl (ongeveer 44 000 km) vol avontuur op ons vlagskip met lugversorging en besoek fassinerende plekke wat so lank jou hartsbegeerte was.”

Dit sê dié ontspannende rit van 76 dae is in absolute gerief en die skepe stop by mistieke, betowerende en interessante bestemmings soos Rarotonga, Tahiti, Acapulco, Southampton, Las Palmas, Fremantle, Melbourne, Sydney, Auckland, Wellington, Trinidad, Lissabon en meer.

Dié maatskappy het desjare twee luukse bote vir wêreldvaarte bestuur. Die seereise was ongeveer 75 dae vanaf Southampton na Australië en Nieu-Seeland uitwaarts via Suid-Afrika en terug via Panama, of in omgekeerde volgorde.

Dít was tot so in die middel van die 1970’s voor ‘n ernstige afname in passasierhandel.

Terug na die 1968-koerant was kaartjies na die destyds bekende Boswell Wilkie-sirkus vir tussen R2 en R3,50 vir volwassenes en R1 vir kinders geadverteer.

Maar hoor dié! Soos dit in die ou apartheidsjare was, was hierdie kaartjiepryse slegs vir wit klante!

Vir “Farbige” (dis nou gekleurdes, of kleurlinge, om die ou apartheidsleksikon op te roep) was die prys alom R1.

Vir “Bantoes” was die prys 80 sent.

En natuurlik was hierdie sitplekke héél agter in die sirkustent.

Die Duitse kollega, ‘n ou omie van oor die 80, wat inkom om interessante bydraes vir die dagblad te lewer – soos om te kyk hoe dinge 50 jaar gelede gelyk het – vertel toe ook van destydse huispryse.

‘n Ordentlike vierslaapkamerhuis in ‘n goeie buurt in Windhoek met ‘n ruim erf het in die 1970’s so ongeveer N$12 000 gekos.

In die laat 1970’s was ‘n groot drie- of vierslaapkamerhuis in Klein Windhoek ongeveer N$70 000.

Vandag kan jy nie ‘n ordentlike klein karretjie vir soveel aanskaf nie.

En onmiddellik ná onafhanklikheid het daai N$70 000 sommer met ‘n paar miljoen gespring, en nóg later word huisies en erfies net kleiner en duurder.

Natuurlik om dinge in perspektief te hou, word ‘n pos vir ‘n motorwerktuigkundige in die 1968-koerant vir ‘n “uitstekende” salarispakket van R300 per maand aangebied!

Ja wat, na wete is nie altyd 20/20-visie nie, nè!

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...