Die geheime van wiskunde ontsluit
Die Namibiese Wiskunde-instituut (NMI) het op 6 en 7 November spesiale wiskundewerkwinkels vir 56 graad 7- en 8-wiskundeonderwysers van die Oshikotostreek aangebied.
Die doel was om die onderwysers se kennis en vaardighede in sekere sleutelbegrippe in wiskunde te verbeter.
Die NMI ontwikkel praktiese wiskundestelsels wat onderwysers in staat stel om moeilike wiskundige begrippe op 'n interaktiewe manier aan leerlinge oor te dra.
In die proses word leerlinge se angs oor wiskunde verlig en belangstelling in die vak geprikkel.
Leerlinge (en onderwysers) wat aan die materiaal blootgestel word, sê hulle verstaan wiskundige begrippe vir die eerste keer en het die leer daarvan selfs geniet.
Wiskundestelsels wat tydens die werkwinkels met onderwysers behandel is, sluit in Clock Maths en Fraction Maths.
Eersgenoemde stel onderwysers in staat om begrippe soos tyd, tydsduur, hoeke en spoed aan leerlinge te verduidelik. Fraction Maths verduidelik breuke en berekenings.
Volgens die direkteur van die NMI, mnr. Pieter Erwee, bly wiskunde 'n groot uitdaging vir baie leerlinge van graad 1 tot 12 – soos die nasionale eksamenuitslae weerspieël.
“Die tipiese benadering in skole is die aanleer van wiskundige metodes. In die proses verstaan baie leerlinge nie die onderliggende begrippe nie en word die vak afgewater tot 'n klomp formules wat leerlinge slaafs, sonder die nodige begrip, navolg in 'n desperate poging om eksamens te slaag. Die doel van wiskunde is om leerlinge in staat te stel om logies te kan redeneer en probleme op te los.
“Ná meer as 30 jaar in naskoolse opleiding kan ek met reg sê die meeste skoolverlaters beskik beslis nie oor hierdie vaardighede nie. Dit is ook verskeie werkgewers se ervaring.”
NMI-wiskundestelsels is beskikbaar by uitgesoekte Waltons-winkels.
Kontak Erwee by 081 142 6356 vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie