Die finaliste vir Skoner Dorp van die Jaar is . . .
Ondangwa, Oranjemund, Swakopmund en Walvisbaai is aangewys as die finaliste uit 21 dorpe wat vanjaar vir die Skoner Dorp van die Jaar-kompetisie ingeskryf het.
Die wenner sal in Junie by die Namibië Toerisme Ekspo aangekondig word.
Evaluerings van deelnemende dorpe se afvalbestuur- en herwinningsprogramme was deel van die uitdunproses.
Namibia Media Holdings (NMH) se projek om skoner dorpe te bevorder, sal oor die volgende drie jaar strek. Opvolg-evaluerings sal deurlopend plaasvind. Die doelwit is om die voorkoms van die land se dorpe op 'n volgehoue wyse te bevorder en beginsels soos netheid, herwinning en trots deel van alle belanghebbendes - plaaslike owerhede, besighede en inwoners - se waardes en kultuur te maak.
Skoon dorpe is aantrekliker vir toeriste en met die projek ondersteun NMH die regering se pogings om die land skoon te hou.
“Ons het besluit om by NMH se Skoner Dorp van die Jaar-kompetisie betrokke te raak omdat dit die perfekte platform skep vir veral klein dorpe om te kompeteer en maatstawwe te skep vir goeie omgewingspraktyke, wat ons glo 'n positiewe impak sal hê,” sê mnr. Lazarus Nafidi, hoof van kommunikasie en korporatiewe dienste by die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië (EIF).
Mnr. Digu //Naobeb, uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad (NTB), sê: “Ons sien uit na 'n reis saam met die vier finalisdorpe, wat nie by die Namibië Toerisme Ekspo sal eindig nie, maar die groter prentjie raaksien om groter hoogtes in die bemarking van ons dorpe by toeriste te bereik.”
“’n Dorpsgemeenskap wat saamwerk om 'n positiewe, gesamentlike doelwit te bereik, verbeter nie net die aantreklikheid van die dorp vir toerisme-ontwikkeling nie, maar bou ook beter verhoudings tussen almal wat betrokke is. Dit help met nasiebou,” sê mnr. Albe Botha, uitvoerende hoof van NMH.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie