Die evolusie van Namibiese media is hier
Die evolusie van Namibiese media is hier

Die evolusie van Namibiese media is hier

Yandi Du Plessis
Yochanaan Coetzee

In die afgelope weke het diegene wat Namibia Media Holdings (NMH) op gedrukte en digitale platforms volg dalk ‘n unieke bemarkingsveldtog wat die belofte van ‘n revolusionêre nuwe hoofstuk in die Namibiese medialandskap inhou, begin opmerk.

Futuristiese ontwerpe wat ‘n onderling verbinde spektrum uitbeeld en kriptiese leidrade oor “Wat kom volgende” het baie mense laat kopkrap, maar alles sal binnekort onthul word soos NMH die nuutste stap in sy evolusie van gedrukte media na digitale kanale en verder bekend maak.

Richard Botha, die digitale bemarkingsbeampte vir die NMH-groep, deel meer oor hierdie opwindende nuwe hoofstuk.

“Ons waardes is om inligting te deel om gemeenskappe en handelsmerke te bemagtig. Met hierdie volgende stap in ons evolusie van tradisionele na nuwe media en verder, is ons doel nie net om ons gehore te ontmoet waar húlle is nie, maar om tegnologie in te span om dié verandering te dryf en ons Namibiese inhoud globale relevansie te gee.

“En dit is net nog een stap in ons plan om Namibiese media te revolusioneer, aangesien ons ver vorentoe druk sodat ons ten volle voorbereid kan wees sodra die mark inhaal en struikelblokke in verband met toeganklikheid in die toekoms uitgeskakel word,” het hy bygevoeg.

Sinergieë as katalisator vir groei

Die hoofbemarkingsbeampte van Synergi, NMH se verkope- en bemarkingstak, Hennie Geldenhuys, het dié sentiment beaam en gesê: “Met hierdie evolusie sal ons die gaping tussen inhoud en bemarking oorbrug, wat geleenthede vir plaaslike besighede en gemeenskappe sal skep om nuwe sinergieë te ontwikkel en daardeur te groei. Om van statiese na lineêre betrekkinge te beweeg, sal die deur oopmaak vir ‘n hele nuwe wêreld van ontwikkeling en maniere waarop inligting gedeel word,” het hy gesê.

Hou die media dop vir meer besonderhede oor die bekendstelling van hierdie opwindende nuwe hoofstuk wat op 8 Februarie 2022 plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer