Die ding in die riete: ’n bloemlesing oor die wonderwêreld van mites
In hierdie bloemlesing, saamgestel deur Jean Lombard, ontvou die wonderwêreld van mites oor verskeie kulture en grense heen. In Die ding in die riete ontmoet ons opnuut die bose slang in die Skeppingsverhaal, maak ons kennis met die Khoisan se waterslang en al sy seksuele en lyflike konnotasies, en leer ken ons die Chinese uitbeelding van Kwan-Yin, ’n slang van wysheid. Om van die meerminne en ander wonderbaarlike wesens nie te praat nie...
Antjie Krog sê: “Ek het die stories absoluut boeiend gevind en agtergekom ek sit vasgenael terwyl ek elke een van hulle lees. Die een is werklik so goed soos die ander en ek dink dit is ’n wonderlike skat wat hier bymekaargemaak is. Ongelooflik dat ál die stories so goed is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie