Die Covid-wolk se silwer randjie
Marion Botma
Die Covid-19 pandemie is met ons en is onvermydelik. Dit raak almal, jonk en oud. Baie ouers is bekommerd oor hulle kinders se opvoeding. Hoe sal hulle kan leer as hulle by die huis moet bly? By Privaatskool Elnatan en baie ander skole het onderwysers ‘n oplossing gekry: e-onderrig. Kinders kan deur middel van e-onderrig dieselfde opvoeding kry as by regte skool.
Meeste skole gebruik Google Classroom as hul klaskamers waar werk en antwoorde gedeel word. Sommige onderwysers gebruik ook Zoom om van aangesig-tot-aangesig met kinders te werk. E-skool het baie voordele. Families kan meer tyd saam spandeer omdat kinders nie heeldag by die skool is nie. Kinders kan hul skoolwerk grotendeels op hul eie tyd doen solank hulle dit net op die regte tyd inhandig. Kinders kan in die oggende later slaap om meer rus te kry wat hul groei sal verbeter.
By Elnatan doen onderwysers baie moeite om e-onderrig so gerieflik en maklik as moontlik te maak vir hul leerlinge. Hulle plaas oulike video’s, foto’s, take en voorbeelde by hul lesse. Kinders gebruik meestal tegnologie vir e-onderrig en ontwikkel dus baie vroeg sekere vaardighede wat die vorige generasie eers later geleer het.
In die begin van die inperking het onderwysers geweldig gesukkel om lesse op Google Classroom te laai of werk elektronies te doen omdat hulle nie die tegnologiese vaardighede opgedoen het toe hulle jonger was nie. Na ‘n week of twee van oefening het hulle dit egter gou onder die knie gekry.
Baie staatskole het nie die fondse om e-onderrig aan te bied nie. Hulle moet dus hul hele skooljaar aanskuif sodat kinders die jaar kan klaarmaak. Skole wat wel gebruik maak van e-onderrig kan hul kinders op datum hou met werk en steeds die eindeksamen aan die einde van die jaar aanpak en volgende jaar met ‘n nuwe skooljaar begin.
E-onderrig kan gesien word as ‘n stap van evolusie vir skole. Dit bevat meeste van tuisonderrig en normale skool se voordele en skakel die nadele uit. E-onderrig leerlinge skryf formele toetse en eksamen by skole en kry steeds hulp van onderwysers in plaas van hul ouers en hulle kan dit by die huis doen.
Covid-19 was hierdie jaar ‘n donker wolk, maar elke donker wolk het ‘n silwer randjie en dit is presies wat afstand onderrig vir Elnatan en baie ander skole is.
Google Classroom se tuisblad wat elke klas wat elke kind het bevat.
Verskillende klasse bv. Skeinat

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie