Die Boer - Bemarking van lewendehawe val drasties
Ronelle Rademeyer - Die bemarking van lewendehawe het in die eerste kwartaal van 2014 dramaties afgeneem teenoor die ooreenstemmende tyd in 2013, met slegs 46 476 stuks vee wat plaaslik bemark is vergeleke met verlede jaar se 95 588. Dit verteenwoordig ’n daling van 51,38%.
Wat betref die slag van beeste by uitvoerabattoirs, het Namibië se enigste EU-goedgekeurde abattoirs, Meatco (Windhoek- en Okahandja-aanlegte) en Witvlei Meat, ’n totale getal van 16 682 lewendehawe-eenhede teen die einde van die eerste kwartaal geslag. Dit is 35,86% minder as die 26 008 eenhede wat in dieselfde tyd verlede jaar geslag is, sê die Vleisraad in sy jongste kwartaalverslag oor die stand van bemarking.
Van die totale getal beeste geslag, was 91% by die Meatco-aanleg in die hoofstad. Die gemiddelde gradering was 31,87% graad A en 23,13% graad AB, met graad B en C wat 22,70% en 20,38% onderskeidelik beloop het.
Vleisuitvoere
Verder is 1 621 ton ontbeende vleis (verkoel en gevries) na die markte in die Europese Unie (EU) en Noorweë uitgevoer. Altesaam 792 ton vleis is gedurende die eerste kwartaal vanjaar na markte in Afrika uitgevoer. Verlede jaar is 48% méér vleis in die ooreenstemmende tyd uitgevoer, naamlik 2 164 ton na die EU en Noorweë en 2 496 ton na Afrika.
Dié afname is toe te skryf aan die goeie reënval wat van Desember verlede jaar in Namibië geval en selfs nog tot in Mei voortgeduur het. Die aansienlike verbetering in weidingstoestande ná die fel droogte van 2013, bring mee dat produsente hul vee terughou in ’n poging om hul verkleinde kuddes weer op te bou.
Die tendens is normaal ná ’n jaar van droogte in die land en goeie daaropvolgende reënval, al het dit nie in al die streke genoegsame verligting gebring nie, lui die verslag. Die verbeterde boerderytoestande en gevolglike kuddebou met ’n gepaardgaande laer bemarkingsaanbod, het ook tot prysverhogings gelei.
Produsentepryse
In die geheel het produsentepryse toegeneem soos wat voorspel is en dit kan aan die voorgenoemde redes toegeskryf word.
Die beesvleisprys het ’n bemoedigende toename getoon as gevolg van Meatco wat die groter gedeelte van die Noorweegse kwota ontvang het. Dit het boonop met ’n gunstiger wisselkoers gepaard gegaan.
Die gemiddelde beesvleisprys het teen die einde van die tydperk onder hersiening op N$29,23 per kilogram gestaan, terwyl speenkalfpryse by veilings op N$17,84 per kilogram gesluit het.
Daarteenoor het die pryse van stoorosse en slagbeeste op N$17,51 per kilogram en N$18,84 per kilogram onderskeidelik gestaan.
Diere op die hoef na Angola
Die getal bokke wat in die eerste kwartaal vanjaar op die hoef na Angola uitgevoer is, was dubbeld soveel as verlede jaar – 8 261 teenoor 4 230.
Die getal beeste het egter van 600 in 2013 na 423 gedaal, met 361 skape wat in die eerste kwartaal lewend na Angola is. Verlede jaar se syfer vir die ooreenstemmende tyd staan op nul.
Kleinveebedryf
Die totale getal kleinvee wat tussen Januarie en Maart vanjaar bemark is, beloop 284 379. Dit is 18% minder as die 345 933 van verlede jaar.
In dié tyd is 154 176 skape plaaslik geslag, wat ’n afname van 38% teenoor verlede jaar se 247 036 is.
Uitvoere op die hoef het in die eerste kwartaal van 2014 met 50% gestyg tot 100 662 – 35 901 bokke en 64 761 skape. In die ooreenstemmende tyd verlede jaar is 67 008 stuks kleinvee lewend na Suid-Afrika uitgevoer – 34 577 bokke en 32 431 skape.
Volgens die Vleisraad kan dié skerp toename toegeskryf word aan die arbeidsonrus by Brukkaros Meat Processors buite Keetsmanshoop, wat genoodsaak was om verslagtings van die einde van Januarie tot 19 Februarie te staak.
Intussen het die gemiddelde produsentepryse vir skape teen die einde van Maart vanjaar op N$42,50 per kilogram vir A2 gestaan. Dit is 9,8% hoër as verlede jaar se N$38,71 per kilogram.
By kleinveeveilings is lam teen N$17,07 per kilogram (lewende gewig) verhandel, wat ’n styging van 2,6% teenoor die ooreenstemde tyd verlede is toe boere gemiddeld N$16,63 per kilogram gekry het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie