Die ‘bloukraanvoël’ land in Namibië
Augetto Graig - Vrydag net ná 10:30 het die lugredery Fly Blue Crane se vliegtuig op sy nooiensvlug van Kaapstad na Namibië by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland, met onder meer die Griekwas se Curriebeker-rugbyspan aan boord.
Ook op die vlug was Siza Mzimela, stigter en uitvoerende hoof, en bedryfshoof Theunis Potgieter wat self die jong lugredery “se vars benadering tot lugvaart” in die streek wou tuisbring. Fly Blue Crane is sedert September 2015 operasioneel.
Die Embraer ERJ 145, wat tot 50 passasiers kan vervoer, het soos tradisioneel die gebruik is kort ná die landing in Namibië stadig onderdeur die watersproeiers van die lughawe se noodvoertuie gery en vir die eerste keer voor die internasionale lughawe se eindpuntgeboue stilgehou. Daar het Mensies Aviation, wat alle lugrederye buiten Air Namibia en Taag se vliegtuie diens wat op die lughawe land, passasiers bygestaan om die vliegtuig te verlaat.
Die vlug was die eerste van twee wat verlede week geskeduleer is totdat meer voor die einde van die maand aangekondig word. Volgens Mzimela wil hulle binnekort twee vlugte per dag tussen Windhoek en Kaapstad aanbied. “Dit is moeilik om te beskryf, maar vir my is dié ’n opwindende dag. Dit is baie spesiaal dat ons hier in Windhoek op ons eerste internasionale roete kom land,” het sy gesê.
Die naam Blue Crane is gekies omdat die bloukraanvoël Suid-Afrika se nasionale voël is, volgens Mzimela.
Sy is self ’n bekende figuur in Suid-Afrikaanse lugvaartkringe. Met 20 jaar se ervaring, was sy voorheen die uitvoerende hoof van SAA en SA Express. Diens is die wagwoord en dus is twee lugwaardinne aan boord, selfs al is die vliegtuig nie vol nie.
“Die byvoeging van hierdie nuwe roete stem met ons plaaslike ambisies ooreen,” het Potgieter gesê.
“Die eerste retoervlug tussen die twee stede oortref vandag ons verwagtinge, te midde van baie goeie terugvoer van die mark.
“Ons doel is tydige en uitstekende diens, gevorderde aanlyn tegnologie wat die besprekings- en reisproses moeiteloos maak, asook hoogs mededingende tariewe. Die tyd was vir ons reg wat dié roete betref, gegewe toenemende toerisme- en sakebande tussen die twee lande, asook die feit dat baie mense wat na die streek reis beide Suid-Afrika en Namibië wil insluit,” sê hy.
“Ons doel in die komende jare is om lugvervoer geheel en al te verbeter asook ’n geriefliker en ’n meer waardevolle ondervinding in die hele Suider-Afrika te maak.1396986481

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie