Die beskerming van binnelandse markte
Balans is nodig
Dr. Kobus Laubscher - Die beginsel van vrye markte waar vraag en aanbod toegelaat word om vrylik in balans te kom, is in baie opsigte 'n onbereikbare droom.
Sonder om in te gaan op die baie statistiese bewyse, is dit bekend dat Suid-Afrika van die lande is met die grootste vryheid. Vryheid só gedefinieer dui op die graad van inmenging deur die staat om die uitkoms van markkragte te beïnvloed of te probeer beïnvloed.
Die aangewese oplossing is dat die staat die werking van markte rig soos wat 'n skeidsregter 'n wedstryd beheer. Wedstryde waar skeidsregters die spel laat vloei en reëls dienooreenkomstig toepas, bly 'n mens die langste by.
Markte word egter toenemend grensloos, wat beteken dat 'n plaaslike koper nie aangewese is op plaaslike voorsiening nie.
Verskeie meganismes bestaan waarvolgens sulke oorgrensaankope gereguleer kan word en wel om verskeie redes. Een van die belangrikste rede is om te keer dat die staat sekere belastings ontneem word, maar in die geval van voedsel dra oorwegings ten opsigte van voedselveiligheid ensovoorts ook gewig.
Die onlangse verbod op die invoer van hoender en hoenderprodukte uit Suid-Afrika tydens die voëlgriep-epidemie, is 'n goeie voorbeeld. Andersyds kan invoerlande invoere tegnies blokkeer deur invoervereistes te stel waaraan daar nie kostedoeltreffend voldoen kan word nie.
Na bewering was Suid-Afrika se grense lank gesluit vir speenkalwers omdat daar nie betyds voldoen kon word aan veranderde invoerbepalings nie.
In beide gevalle het dié beperkings erg ontwrigtende gevolge gehad soos duurder pluimveeprodukte vir die verbruiker omdat goedkoper ingevoerde pluimvee nie beskikbaar was nie, terwyl beesboere gewurg het met lae speenkalfpryse.
REGERING
Afgesien van die vereiste van voldoening aan verskillende vlakke van invoerbeperkings en waarvan baie versag kan word deur middel van bilaterale handelsooreenkomste, kan 'n regering grense sluit vir produkte ten einde die binnelandse mark (aan die produksiekant) te beskerm.
Andersyds kan regerings subsidies betaal aan produsente al druk ooraanbod pryse af, in welke geval oorskotte dan teen gesubsidieerde pryse uitgevoer word.
In sulke gevalle is dit bewys dat produkte vir laer as produksiekoste uitgevoer word, wat dan neerkom op storting in die invoerlande.
Daar is 'n legio wetlike bepalings wat dié praktyke probeer rig, maar wat dikwels nie suksesvol sover dit die invoerland betref nie.
In hierdie verband is daar onomstootlike bewyse van die negatiewe ekonomiese impak van invoere van hoendervleis uit veral Europa teen gesubsidieerde pryse op die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf.
Betekenisvolle herstrukturering waaronder werkverliese, was die gevolg. Veral van belang is die impak wat dit het en gehad het op die besighede van opkomende pluimveeprodusente en die gevolglike onvermoë om by te dra tot landelike ontwikkeling waar dié boere opereer.
Die verbruiker is egter deurgaans bevoordeel, want hoender was 'n uiters bekostigbare bron van proteïen. Daarvan getuig die geweldige toename in die vraag na hoendervleis en -produkte, Trouens, te midde van skerpstygende rooivleispryse, kan aanvaar word dat hoender op die rug daarvan kon ry. Hoë graanpryse saam met lae pryse as gevolg van invoere, het die bedryf geskud.
NAMIBIESE BESKERMING
Die debat oor die beskerming van die Namibiese pluimveebedryf teen deelname vanuit Suid-Afrika, moet teen dié agtergrond ontleed word.
Suid-Afrikaanse produsente wat deelname aan die Namibiese mark ontsê is, het in die hof verligting gekry en hul saak moet weer oorweeg word.
Die Namibiese regering se beleid ten opsigte van die beskerming van binnelandse nywerhede, is opnuut onder die vergrootglas geplaas.
Daar is geen klinkklare oplossing nie en balans is nodig omdat die binnelandse bedryf geleentheid moet kry om op sy voete te kom.
Andersyds is die verbruiker se beursie onder druk en daarmee saam ook huishoudelik voedselsekerheid.
Voerkoste in Namibië verskil ook van globale tendense aangesien die graanbedryf beskerming geniet.
Die tersaaklike beleide sal dus in diepte evalueer moet word. Hou in gedagte dat wat ook al besluit word, die Nasionale Ontwikkelingsplan daardeur gedien moet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie