Die belang van gebed
Republikein het mense se menings oor die belang van gebed getoets. Die afgelope Vrydag, 3 Maart, was Wêreldgebedsdag.
Sandra |Gôagoses:
“Gebed is baie nodig in die lewe. Deesdae is daar verskillende gelowe en elkeen glo in wat hy wil, maar ek glo in gebed. As ek in die oggend my oë oopmaak, dan moet ek die Here dank vir die nuwe dag wat hy aan ons geskenk het. Ek moet die dag aan die Maker wy. Dit is hoekom die Onse Vader aan ons gegee is. Jy kan van enige iets getref word as jy nie in gebed is nie. Dit is deur gebed wat jy kry wat jy van die Here vra.”
Cornè DaCunha:
“Ja ek bid, want daar is krag in gebed. Jy kan nie sonder gebed lewe nie. Gebed is die sleutel tot sukses. Dit sê baie duidelik in die Woord, vra en vir jou sal gegee word. Gebed is die kontak wat jy met die Here maak. Jy stel jou vertroue in die Here, want Hy sorg vir ons.”
Lizbeth April:
“Ek bid altyd. In 2009 was ek baie siek en het uit 'n koma wakker geraak waarin ek vir 'n maand lank gelê het. Dit is 'n tweede kans wat ek in die lewe gekry het en ek kan nie sonder gebed lewe nie. Ek weet nie wat ek sonder gebed sou gedoen het nie. Ek het gebed nodig in my lewe.”
Douglas Xoagub:
“Ja, ek bid. Gebed is vir my amper soos 'n verhouding van 'n man en vrou. Jy het 'n vriendskap verhouding met die Here. Jou emosies en gedagtes moet aan die Here behoort. Jy kan ook nie net bid omdat jy moet nie, die verhouding speel die rol. Die Onse Vader is gegee dat die wil van die Here in die mens se lewe moet geskied.”
Elizabeth Jantze:
“Ek bid elke dag en elke oomblik. As mens het ons die Here elke dag nodig soos die mense alledaagse goed nodig het. Ek het die Here elke minuut in my lewe nodig vir beskerming. Ek sal dit nie sonder gebed maak nie. Dit is deur gebed wat die Here jou verhoor en dra.”
Josef Rooi:
“Gebed is belangrik en elke dag bid ek. Dit is die opdrag van die Here dat ons sonder ophou moet bid. Ons bid vir die leiers van die land en ook vir die leiers van die kerk. Ek dink omdat Namibiërs biddend is, word ons land van gevare gespaar. Dinge wat 'n mens in die ander lande hoor, vind nie in ons land plaas nie. Dit is alleenlik die genade van die Here.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie