Die beginsels van skouvoeding

Kweek só wenners
Ronelle Rademeyer
Dr. Hinner Köster, Voedingkundige - Om suksesvol teen strawwe kompetisie by ''n landbouskou mee te ding, verg gewoonlik jare se harde werk, kennis en ervaring voordat alles gereed is om die eerste grootkampioen-toekenning te wen.
Hoewel heelwat inderdaad bereik kan word deur ’n klomp geld te bestee, kan niks die sorgvuldige seleksie van en lang werks­ure met die dier, tesame met ’n deeglike voedingsprogram vervang nie. Skoubeeste is beslis meer mededingend in die ring as hulle genoeg van die regte voer kry. As die boer nie ’n geskikte voedingsprogram met sy skoubeeste volg nie, kan dit van ’n potensiële kampioen ’n onafgeronde, middelmatige dier maak.
’n Skoukampioen behoort uiteindelik die volgende eienskappe te hê: Behoorlike bespiering, balans en konformasie, vry van strukturele gebreke, behoorlike afronding, ’n gesonde voorkoms en blink haarkleed.
Hierdie artikel word gewy aan die voedingsbestuur van vleisbeeste wat vir die skouring bestem is en sal help om die gewenste eienskappe te verbeter. Een van die belangrikste beginsels is dat skoubeeste geensins van ander beeste verskil nie. Hulle het dus ook ’n volledige, basiese voerprogram nodig om hul genetiese potensiaal ten volle tot uiting te bring, tesame met goeie bestuursvernuf deur die skouman.

Beginsels
Dit is belangrik dat elkeen wat ’n skoudier voer, moet besef daar is nie so iets soos ’n wondervoer of -produk wat ’n eerste plek vir ’n dier gaan waarborg nie. Daar is wel sekere voedingsbeginsels en hulpmiddels beskikbaar wat verskeie faktore van die dier se voerprogram kan versterk en hom teen strawwe mededinging kan laat wen. Niks kan goeie voeding en deeglike voedingsbestuur vervang nie.
Skoubeeste het ’n unieke voerprogram nodig waarmee minstens drie maande voor hul eerste skouverskyning begin behoort te word. Die voorsiening van ’n geskikte rantsoen sal verseker dat skoubeeste behoorlik uitsit, kondisie en ’n sterk immuunstelsel behou en die gesonde glans kry wat ’n bees in die skouring laat uitstaan.
Om skoudiere geleidelik in die kondisie te kry waarin hulle uiteindelik op die skoudag moet wees, moet die skouman eers na die klein dingetjies omsien. Hy moet vasstel of die diere die regte hoeveelhede van die regte tipe energiebronne kry. Behoort hulle minder of meer proteïen te kry, en watter soort proteïen? Kry hulle genoeg en die regte kombinasies van vitamiene en minerale? Gaan hulle ophou vreet sodra hulle by die skou kom?
Die kern is ’n goeie balans. Daarom het elke dier volledig balanseerde voeding nodig, ongeag sy teling, om sy genetiese potensiaal te bereik.
Benewens die basiese dinge sal elke voerder van skoubeeste natuurlik sy eie mening hê oor die ‘‘korrekte manier’’ van dinge doen en wat vir hom die beste werk. Daar is geen volmaakte metode nie. Dit is een van die redes waarom dit tyd kos om ’n deeglike voerprogram vir skoubeeste te ontwikkel. Die skouman moet vasstel wat werk die beste vir hom en sy bestuurstyl, sowel as die tipe dier of diere wat hy voer. Onthou egter, om die program te laat werk, moet eers aan die basiese vereistes voldoen word. Elke dier het dieselfde basiese voedingstowwe nodig, naamlik proteïen, energie, minerale en vitamiene. Hulle het egter verskillende vlakke en tipes van hierdie voedingstowwe nodig. Dit hang af van verskeie faktore, soos:
- Die klas of geslag van dier. Voer die skouman ’n vers, bul of os?
- Die grootte en ouderdom van die dier. Die voedingsbehoeftes van jonger en kleiner diere verskil van dié van ouer en groter diere. Jonger beeste het byvoorbeeld ’n hoër proteïenkonsentrasie en verskillende kombinasies proteïenbronne (meer rumen-verbyvloeiproteïen) nodig om behoorlike groei en ontwikkeling van spier- en beenweefsel te verseker. Hierdie beeste het ook ietwat laer konsentrasies energie (stysel of graan, asook vet) nodig om te verseker hulle word nie te gou vet nie. Daarteenoor kan die voer van te veel proteïen en te min energie kort voor die skou weer hul vermoë beperk om gedurende die tydperk voldoende vet aan te sit. Om kort voor die skou die raamgroei te vertraag en die diere te laat uitsit, kan ’n rantsoen met ’n laer proteïeninhoud nodig wees. Verlaging van die proteïen en verhoging van die energie sal dan die ideale kondisie gee wat die beeste in die skouring nodig het.

Rastipe
Sommige rasse het ’n hoër vlak van inname en verskillende kombinasies van voedingstowwe nodig om dieselfde resultate as ander rasse te behaal.

Groeitempo of gewigstoename
Die belangrikste doelwitte moet bepaal word. Dit kan in ’n mate ‘‘geprogrammeer’’ word, afhangende van wanneer stoetbeeste geskou moet word of in watter gewigklas die skouman die diere wil laat deelneem as hy byvoorbeeld osse vir karkaskompetisies voorberei. As hy voortdurend skou en die dier na verskeie skoue wil neem, is dit belangrik om die dier op ’n voerprogram te plaas wat hom in ’n ideale kondisie volgens sy ouderdomsgroep sal hou. Skoubeeste is in die algemeen in ’n beter kondisie as diere wat net op die weiveld is.

Stresvlakke
Daar is baie soorte stres. Omgewingstres (is dit koud, warm, droog of nat) en hanteringstres word hoofsaaklik in ag geneem. As die boer gereeld skou en dus die beeste dikwels vervoer en hanteer, verhoog dit hul stresvlakke en sal hulle hoër vlakke van sekere voedingstowwe nodig hê om daarvoor te vergoed, veral vitamiene en minerale.

Gesondheid
Dit kan aan stresvlakke gekoppel word. Diere wat geskou word, kom in aanraking met ander diere van hul eie omgewing en daar buite. Die skouman het geen manier om die gesondheid van ander beeste te verseker nie. In baie gevalle sal sy beeste in die onmiddellike nabyheid van ander diere kom.
Hulle kan ontvanklik wees vir besmetting met organismes waaraan hulle nie voorheen blootgestel was nie en waarteen hulle geen inherente immuniteit het nie. Daarom is dit belangrik om alle inentings op datum te hou en beeste gereeld te ontwurm, aangesien inwendige parasiete ’n groot deel van die voeding kan gebruik wat vir die dier bedoel is.
’n Skoudier behoort elke vier tot ses maande ontwurm te word om te verseker dat inwendige parasiete in bedwang gehou word.

Funksies van die verskillende voeding­stowwe
Die onderskeie voedingstowwe het verskillende funksies in die liggame van die ver­skillende klasse skoudiere.

Proteïen:
Dit is die boustene van die liggaam en die primêre komponent van spier- en beenontwikkeling. Proteïen is saamgestel uit kleiner eenhede (bekend as aminosure) en deur die verteringsproses word die proteïen afgebreek, opgeneem en hersaamgestel tot die komponente wat vir die liggaam se groei, ontwikkeling en instandhouding nodig is.
Benewens spier- en beenweefsel word aminosure en proteïen gebruik om onder meer ensieme, hormone, vel en hare te vervaardig. ’n Goeie gehalte (korrekte aminosuurbalans) en genoegsame hoeveelhede opneembare proteïen is uiters belangrik vir die optimale groei en ontwikkeling van die skoudier. Onder voedingskundiges is die term ‘‘ruproteïen’’, wat vir baie jare die proteïenvereistes van vleisbeeste beskryf het, vervang deur die term ‘‘metaboliseerbare proteïen’’ (MP). Dit is meer beskrywend van die proteïen wat die vleisbees werklik nodig het. Dit is die deel van die totale aminosuurproteïen wat deur die dunderm opgeneem en vir produksie en onderhoud van die diere aangewend word.
’n Groot gedeelte van die MP is afkomstig van mikrobiese proteïen wat in die rumen vervaardig word van rumen-afbreekbare proteïenbronne (in­sluitend nie-proteïen stikstofbronne soos ureum) en die res van die MP word verskaf deur verbyvloeiproteïen by die rantsoen in te sluit.

Energie:
Dit is die ‘‘brandstof’’ wat groei bevorder (gewigstoename) en die funksies van al die stelsels in die liggaam aan die gang hou. Energie word geproduseer vir hierdie doel wanneer die liggaam voedingskomponente soos stysel, vesel (albei koolhidrate) en vet afbreek. Energie word ook vrygestel wanneer proteïen afgebreek word.
Die vernaamste energiebron vir die skoudier is stysel, wat die primêre koolhidraat is wat in grane soos mielies, koring, hawer en gars voorkom. Skoubeeste het meer stysel in hul rantsoen nodig as beeste wat wei, maar ’n te hoë styselinhoud kan hoefprobleme veroorsaak (byvoorbeeld laminitis) en ’n skoudier se toekoms kortknip. Die sleutel tot behoorlike voeding is om 60 dae tot 90 dae voor die skou ’n gebalan­seerde vlak van stysel en ander energiebronne in hul ransoen te handhaaf. Dit sal die geleentheid bied om die diere meer lyf te gee en sal nie die nadelige uitwerking op hul pote hê wat oorvoeding met hoër styselgebaseerde rantsoene dikwels het nie.
Vet is die volgende ryk energiebron. Feitlik alle voerbestanddele bevat ’n hoeveelheid vet en dit is gebruiklik om vet (van hoofsaaklik plantaardige bronne) by die rantsoen te voeg om die voer se energiedigtheid te verhoog en daardeur ook gewigstoename verder te verbeter. ’n Interessante feit is dat 1 kg vet wat by die rantsoen gevoeg word, 2,25 keer meer energie verskaf as ’n kilogram mielies (bron van stysel). Dis egter belangrik om nie te veel vet te verskaf nie, omdat dit die vertering van veral veselbronne kan belemmer (tensy rumen-verbyvloeivette gebruik word) of dit kan veroorsaak dat die dier oormatige kondisie aansit of die ideale kondisie te vroeg bereik.
Die derde energiebron is vesel. Vesel se molekulêre samestelling is soortgelyk aan dié van stysel, maar geringe verskille maak dit moeiliker om te verteer. Daarom is vesel nie ’n ewe goeie bron van energie nie, maar dit is wel belangrik in die rantsoen, omdat dit spysvertering stimuleer, veral in die rumen (grootpens) deur die rumen se werking meer aktief te hou. Gevolglik help vesel om verteringsteurnisse soos suurpens en opblaas te voorkom. Die insluiting van geskikte veselvlakke kan dus ook help met die ‘‘vulling’’ van die groter spysverteringskanaal of die voorkoms van volheid by die dier, maar dit moenie oormatig wees nie.

Minerale:
Dit word in relatief kleiner hoeveelhede benodig, maar is noodsaaklik vir alle fisiologiese stelsels en veral belangrik vir groei, ontwikkeling en immuniteit. Minerale word in twee groepe verdeel. Makro-minerale, naamlik kalsium, fosfor, kalium, magnesium, natrium, chloor en swael, is dié waarvan groter hoeveelhede nodig is en wat in die liggaam by veral groei (bene en tande), senuweetransmissie en waterbalans in die selle betrokke is. Mikro-minerale of spoorelemente, soos kobalt, koper, yster, jodium, mangaan, selenium en sink, word in kleiner hoeveelhede vereis en word oral in die liggaam benut. Ander mikro-minerale wat nodig is, maar minder goed verstaan word, sluit chroom en nikkel in.

Vitamiene:
Vitamiene word in lae vlakke gevoer, maar is noodsaaklik vir die normale werking van fisiologiese prosesse vir behoorlike groei. By beeste word gewoonlik slegs vitamiene A en E (en soms D) aangevul. Ander vitamiene soos die B-vitamiene word nie altyd bygevoeg nie, aangesien die bakterieë in die rumen gewoonlik voldoende hoeveelhede daarvan vir die dier se behoeftes vervaardig. Op ’n hoëgraanrantsoen wat tipies aan skoubeeste gegee word, kan die aanvulling van B-vitamiene, asook vitamiene C en K, soms nuttig wees.

* Dr. Hinner Köster beskik oor ''n doktorsgraad in herkouervoeding van die Universiteit van Kansas in die VSA. Hy is ''n aandeelhouer en hoof uitvoerende beampte van Kaonne Investments, ''n groep van vyf maatskappye met belange in die totale waardeketting van die dierevoedingsbedryf in Suider- en Midde-Afrika.

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.34 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.14/OZ DOWN -0.0103 | Copper US$ 4.74/lb UP +2.81% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.85/BBP UP +1.00% | Platinum US$ 999.96/OZ UP +0.68% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.34 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1419.9 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.14/OZ DOWN -0.0103 | Copper US$ 4.74/lb UP +2.81% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.85/BBP UP +1.00% | Platinum US$ 999.96/OZ UP +0.68%