Die Baai se mooiste

13 December 2019 | Byvoegsels
Leandrea Louw - Een van 12 jong skoonhede word vanaand as Klein Mej. Walvisbaai gekroon.

Die skoonheidskompetisie is vroeër vanjaar deur Estrolita Petersen, 'n voormalige Mev. Heelal, begin. MeGan Cruys, Victoria Dopazio, Cline-Lee Kusch, Caylin Marais, Alexis Ivins, Lalitha Majiedt, Drew-Ann Engelbrecht, Ivandra Lenders, Princonsley Hanse, Janique Bredenkamp, Curby Beukes en Rouchè Thomas ding om die titel mee. Die deelnemers is van ses tot 13 jaar oud.

“Baie mense dink in skoonheidskompetisies gaan dit net oor hoe mooi jy lyk, maar baie besef nie dit is soveel meer as om net ‘n mooi poppie op ‘n verhoog te wees nie,” sê Estrolita.

“Beoordelaars kyk na die mens wat jy is, of jou hart op die regte plek is, en hoe jy die mense rondom jou kan help. En dit is wat my idee was met hierdie kompetisie. Terselftertyd kan ek al die ervaring wat ek tot nou toe in kompetisies opgedoen, aan die jonger generasies oordra.”

Die jong skoonhede se eerste projek was in November met 'n besoek aan die kindersaal van die Walvisbaai-staatshospitaal. Daar het hulle boeke, speelgoed en eetgoed aan die jong pasiënte oorhandig het.

Daarna is 'n Ma en Dogter-dag gehou waar die deelnemers en hul ma's die dag geniet het.

“Ons is geneig om so besig te raak met alledaagse dinge dat ons nie eintlik tyd spandeer met ons kinders. Ek vat gereeld my dogtertjies uit vir ‘n roomys en dan gesels ons so 'n bietjie oor alles – girl talk.”

Dinsdag het die deelnemers die Ruach Elohim-stigting op Swakopmund besoek en geskenkpakkies gevul met babaklere en -kos, asook speelgoed oorhandig. Ronel en Dick Peters het dié plek van veiligheid vir ongewenste en weerlose babas gestig.

Die Klein Mej. Walvisbaai-kompetisie vind vanaand by die Blue Whale Boutique Hotel op die kusdorp plaas.

Soortgelyk

 

Etosha se vuur getem

13 ure gelede | In beeld

Die brand wat in die ooste van die Etosha Nasionale Park woed, is sedert Dinsdag onder beheer, het die ministerie van die omgewing, bosbou en...

Etosha-brand onder beheer

13 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – Terwyl oproepe om hulp teen kleiner veldbrande in die Steinhausen- en Rundu-omgewings gister in sosiale media weerklink het, is die Etosha...

Vermoorde Heckmair se ma getuig

13 ure gelede | Howe

Kristien KrugerWyle André Heckmair se ma, me. Birgit Heckmair, het verlede week en gister in die Windhoekse hoërhof getuig dat haar seun ’n middagete-afspraak met...

Weer vir 23 Oktober 2020

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm met enkele buie by tye.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel met miskolle aanvanklik. Enkele buie is langs...

Armes bekommerd oor stortingsterrein

13 ure gelede | Mense

Jana-Mari Smith – Die Okahandja munisipaliteit het vandeesmaand bevestig planne is aan die gang om die (meer as 5 hektaar) stortingsterrein naby die Ekunde uitbreiding...

Kunstenaar ontpop in 'n ervare seevaarder

13 ure gelede | Mense

Tanja BauseMe. Sophia Pieters, 'n boorling van Lüderitz, het gehelp om die bekende Felsenkirche op die dorp se loodglasvensters te herstel voordat sy en haar...

Eer vir twee lodges

13 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg’n Tentelodge in die Noordweste het met groot internasionale louere weggestap en ’n lodge in die Suide is as ’n eko-bewuste finalis gekies.Wilderness Safaris...

Wonder van die oneindige hemelruim

13 ure gelede | Mense

“Watter opwindende en vernuwende wondere wag daar nie op ons nie! Wondere om te sien, te voel en ons siele aan te raak in die...

Verby die punt van breek

13 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die uitdagings van 2020 het mense tot breekpunt gedryf. Waar mense moontlik in die verlede sou staatmaak op meer rooskleurige vooruitsigte, het...