Die (as)hoop beskaam nie

Inkasa beteken '­boodskapper van God' en is van stapel ­gestuur om kinders van die asgate weg te hou en aan te moedig om skool te gaan.
Tanja Bause
Tanja Bause - Vier jaar gelede het die 14-jarige Daisy elke dag ná skool Okahandja se asgate gefynkam vir iets vir haar en haar vyf sibbes om te eet.

“My ma was werkloos en daar was geen kos in die huis nie. Ek was die oudste en moes 'n plan maak,” sê sy.

“Ek het elke dag deur mense se vullis gekrap op soek na kos vir die huis. Soms kon ek nie baie kos vind nie, en dan het ek dít wat ek wel gekry het vir die jonger kinders gegee en honger gaan slaap.”

Daisy se lewe het ingrypend verander toe sy deel van die Inkasa Children of Hope-projek geword het.

“Hulle beteken vir my alles,” sê sy.

Inkasa beteken “bood­skapper van God” in Zoeloe en is vier jaar gelede deur me. Irene Bartsch van stapel gestuur om kinders van die asgate weg te hou en aan te moedig om skool te gaan.

“Ek is lid van die Victory Kerk op Okahandja en die pastoor het eendag van sendingwerk gepraat. Ek het self kinders en kleinkinders en het geweet ek kan Okahandja nie verlaat om sendingwerk te gaan doen nie. Maar ek het al my hele lewe lank met kinders gewerk en het geweet ek wil kinders hier op die dorp help,” sê Bartsch.

Sy vertel sy het haar kleinkinders opgepas en besef hulle het 'n dak oor hul kop, kos en 'n liefdevolle familie – wat die kinders van die asgate nié het nie.

Bartsch het toe met mee. Katrina Eises en Herculady Zamuee saam­gespan om die mees behoeftige kinders eerste te help.

“Ons voorsien die kinders vyf keer 'n week van 'n maaltyd ná skool. Ons help hulle met hul skoolwerk. Ons betaal hul skool­uniforms, skryfbehoeftes en skoene,” het Bartsch gesê.

Tans baat 25 kinders tussen drie en 16 jaar oud by die organisasie.

Volgens Zamuee ontvang baie van die kinders basiese onderrig in Afrikaanse en Engelse geletterdheid omdat hulle nog nooit op skool was nie en nie kan lees of skryf nie.

“Ek en Katrina probeer hulle voorberei sodat hulle deel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se basiese geletterdheidsprogram kan word omdat hulle te oud is om deur skole aanvaar te word,” sê Zamuee.

Volgens haar is die nood groot en benodig nog baie kinders hulp.



WIL VERSKIL MAAK

“Maar ons het nie die finansies nie. Ons het die kinders gekies omdat hulle toegewyd is en 'n verskil in hul lewens wil maak. Ons het gevra wat hulle op die asgate soek en hul antwoord was kos. Nou kry hulle kos en bly weg van die asgate en fokus op hul skoolwerk en opvoeding.”

Die vroue verdien geen salaris nie en die werk wat hulle doen, is vrywillig.

“Ons is werkloos en sit by die huis en doen niks. Ons kan net sowel vir die kinders kos en klas gee en 'n glimlag op hul gesigte sit en hulle help. As óns dit nie doen nie, wie sal hulle help?” vra Zamuee.

“Ons doen dit omdat ons 'n hart vir kinders het. Ons is lief vir hulle en wil hulle help om 'n beter lewe vir hulself te kan maak, al word ons net betaal wanneer geld beskikbaar is. Dit gaan nie oor geld nie,” het Eises gesê.

Een van die raadslede, me. Odette van der Westhuizen, se man is in die toerismebedryf en verskeie toeriste maak graag skenkings.

Haar man het 'n fotograaf na die asgate geneem.

“Die man het 'n foto van 'n klein meisie in 'n vuil rokkie geneem wat deur die vullis grawe. Sy het heeltyd 'n groot glimlag op haar gesiggie gehad. Sy was dieselfde ouderdom as my dogter en ek wou huil, want my kind het alles. Ek het ­onmiddellik besluit om by Inkasa Children of Hope ­betrokke te raak,” sê Van der Westhuizen.

Alle skenkings van toeriste is nou ten bate van Inkasa.

Intussen het Bartsch die Inkasa Goodwill Shop op Okahandja begin.

“Mense kan hul tweedehandse klere hier skenk. Die kinderklere word aan ons kinders uitgedeel en die klere vir volwassenes verkoop ons om fondse vir Inkasa in te vorder. Mense is ook welkom om enige ­tweedehandse ­artikels te skenk, wat ons kan verkoop,” sê Bartsch.

Omdat die organisasie van skenkings afhanklik is, moet raadslede en lede van die organisasie dikwels hul eie fondse aanwend om kos aan die kinders te verskaf.

Op 27 Oktober word die eerste fonds­insamelingsgeleentheid vir Inkasa Children of Hope by Hodygos buite Okahandja gehou.

Kaartjies beloop N$100 per volwas­sene en N$25 per kind, en sluit ­versnaperings en hope vermaak in.

Belangstellendes kan vir Bartsch by 081 296 1170 of me. Mercia Loss by 081 749 2834 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%