Die Afrikaanse kortverhaalboek
Dit is die sewende hersiene uitgawe van hierdie standaardwerk en bekende bloemlesing wat al baie lank beskou word as die barometer van die kortverhaalgenre in Afrikaans.
Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in. Die chronologiese volgorde, wat oor ?n tydperk van byna 120 jaar strek, gee ?n goeie oorsig van die ontwikkeling van hierdie genre in Afrikaans.
Dis die ideale geskenk vir iemand wat belangstel in die stand van die Afrikaanse literatuur of sommer net enigeen wat van boeiende verhale hou.
Abraham de Vries het reeds 18 kortverhaalbundels sedert sy debuut in 1956 gepubliseer. Hy is ook as kontreiverhaalskrywer, kenner van die kortverhaal en as samesteller bekend. Sy werk is reeds met verskeie pryse vereer; onder meer die bundel Tot verhaal kom wat met die RAU Prys vir Skeppende Werk bekroon is.
Die Afrikaanse kortverhaalboek (ISBN: 9780798156349) is deur Human & Rousseau vrygestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie