Die A tot Z van rommelstatus
Markte is redelik pessimisties en die meeste ontleders verwag dat dit nou net 'n kwessie van tyd is voordat rand-effekte afgegradeer word.
Hanlie Stadler - Rommelstatus (Engels: junk status) is die informele woord vir nie-beleggingsgraad of spekulatiewe graad. Dié woord is nou al geruime tyd op almal se lippe. Standard & Poor's Global Ratings se besluit Maandagaand om staatskuld in buitelandse geldeenhede af te gradeer, is dalk die eerste van verskeie afgraderings.
Standard & Poor's Global Ratings (S&P) is een van die drie grootste kredietgraderingsagentskappye in die wêreld. Die ander twee is Fitch Ratings en Moody's Investors Service.
Kredietgradeerders doen navorsing oor regerings en maatskappye om te bepaal hoe waarskynlik dit is dat díe hul skuld sal kan terugbetaal. Beleggers kyk na die graderings wat S&P gee om te besluit of hulle hul geld in sekere maatskappye of lande moet belê of nié. Hoe laer die kredietgradering, hoe minder is die kans dat die maatskappy of land sy skuld kan terugbetaal en hoe minder aantreklik dus vir versigtige beleggers, hoewel spekulante natuurlik hul hande vryf omdat hulle op hoër opbrengskoerse kan aandring weens die hoër risiko. Vir 'n land beteken dit dat hy meer rente moet betaal op die geld wat hy leen.Op S&P en ook op Fitch Ratings se graderingskaal is AAA die beste en D die slegste. Moody's Investors Service se skaal strek van AAA tot C.
Fitch besluit waarskynlik Vrydag oor sy gradering. Moody's het gister aangekondig dat hy besig is met 'n hersieningsproses en dat dit tussen 30 en 90 dae gaan duur.
Wat beïnvloed die besluit?
'n Span ekonome van die kredietgradeerders vergader sesmaandeliks met Suid-Afrika se tesourie, Reserwebank, politici, sakelui en ander wat 'n rol in die ekonomie speel. Hulle kyk na ekonomiese data soos die land se ekonomiese groei, die staatsbegroting, die rentekoers, inflasie en politieke faktore.
Hulle kyk veral ook of die regering by sy ekonomiese beloftes hou.
Faktore wat op die oomblik 'n rol speel, sluit in: ekonomiese groei, staatskuld, staatswaarborge aan staatsondernemings en die mate waarin regeringsbeleid sakevertroue (en dus beleggings) aanmoedig of ontmoedig en stabiliteit bevorder.
Swak ekonomiese groei van nagenoeg 1,2% word vir 2017 voorspel.
Die kredietgradeerders probeer onderskei tussen die mate waarin sikliese faktore buite Suid-Afrika se beheer 'n rol in trae groei speel. Suid-Afrika is byvoorbeeld nie verlede jaar gestraf vir die uitwerking van die droogte nie – dis 'n sikliese faktor.
Net so word die impak van trae wêreldgroei verreken.
S&P “straf” Suid-Afrika nou basies vir politieke beleid of ondoeltreffendhede wat groei aan bande lê en tot groter staatskuld kan lei.
Wat staatskuld betref, lê die kredietgradeerders baie klem lê op staatsondernemings.
Dit is omdat die regering borg staan vir skuld wat dié ondernemings – onder meer Eskom, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Poskantoor – aangaan.
Staatskuld beloop nagenoeg 50% van die BBP, maar as die staatsondernemings uitgehelp moet word, kan dit tot 60% styg.
Dit tel ook teen Suid-Afrika dat beloftes oor die staatsondernemings se herstrukturering nie juis vorder nie. Shawn Phillips, navorsings- en beleggingsontleder van Glacier van Sanlam, sê fundamenteel het niks nog in Suid-Afrika se ekonomie verander nie - S&P se afgradering is deur politieke onstabiliteit aangevuur.
Hoe belangrik is 'rommelstatus'?
Teoreties gesproke sal buitelandse beleggers hul geld uit Suid-Afrikaanse staatseffekte onttrek en daar kan 'n uitvloei van kontant uit die land wees.
Volgens regulasies moet groot pensioenfondse en beleggingskemas onttrek wanneer 'n maatskappy of land tot rommelstatus verklaar word omdat die risiko vir hul beleggers dan te groot word.
Dit is egter staatskuld in rand wat van groter belang is as staatskuld in ander geldeenhede.
Suid-Afrika reik staatseffekte in verskillende geldeenhede uit: uiteraard in rand, maar ook in Amerikaanse dollar, euro en Britse pond.
Slegs sowat 10% van Suid-Afrika se staatskuld is in internasionale geldeenhede, die sogenaamde “harde geldeenhede”.
Die res is in rand.
Buitelandse beleggers, ook pensioenfondse, belê meer geld in die randgedenomineerde staatskuld en sal dus nié al hul geld onttrek noudat staatskuld in “harde geldeenhede” afgegradeer is nie.
Suid-Afrika se insluiting op wêreldindekse van staatseffekte word grootliks net geraak as die plaaslike gradering tot rommel verlaag word.
Die meeste maatskappye met indeksfonse beskou S&P as die belangrikste gradeerder en sal onttrek as dié gradeerder rand-effekte afgradeer; ander vereis dat twee uit die drie agentskappe Suid-Afrika afgradeer.
Die grootste risiko vir die land lê dus in die moontlike afgradering van randeffekte.
Impak op die rand
Mens moet onderskei tussen die korttermyn- en die langtermynreaksie.
Daar sal wel 'n onmiddellike verswakking – 'n “kneejerk” – wees as rand-effekte afgegradeer word.
Ontleders verwag dat die rand tot selfs R16 per Amerikaanse dollar kan verswak indien rand-effekte afgradeer word.
Sommige ontleders reken 'n afgradering is reeds in die rand ingeprys; ander is glad nie so optimisties nie.
As die rand verswak, het dit die uitwerking van hoër inflasie en uiteindelik selfs hoër rentekoerse op Suid-Afrikaanse verbruikers.
Peter Olyott, uitvoerende hoof van Indwe Risk Services, sê aandeelpryse kan ook daal.
Resessie?
Suid-Afrika is reeds sedert 2011 in 'n resessie as dit gemeet word aan die groei van die bruto binnelandse produk (BBP) per capita (per persoon).
Suid-Afrika se bevolking groei vinniger as die BBP, wat beteken dat ons eintlik negatief groei.
Rommelstatus kan ekonomiese groei kniehalter weens die groter druk op verbruikers vanweë die swak rand.
Hoe lank sal dit duur?
As Suid-Afrika eers afgegradeer word, kan dit lank duur voordat die land weer beleggingsgraad bereik.
Thabi Leoka, 'n ekonoom van Argon Asset Management, het vantevore gesê soortgelyke lande as Suid-Afrika het al tot tien jaar gesukkel om beleggingstatus te herwin.
Suid-Afrika was ook 17 jaar gelede rommel, en dit het vyf jaar geduur voordat hy weer beleggingsgraad bereik het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie