Die 80's is terug!
Eek! Die 80's se modes is terug. Soos toe, is dit nie sag op die oog nie.
Mense wat daardie dekade beleef het, sal weet daar was net twee goeie goed wat toe opgelewer is: musiek en ’n rits televisiereekse waarvan sommiges nou nog draai.
Hoe dan nou anders as om vandag nog saam met Cindy Lauper “Girls just wanna have fun” te sing? En almal wat daardie jare tweens en tieners was, onthou seker nog woord vir woord Europe se “Final Countdown”. Dit was die era van Jennifer Rush, Modern Talking, Wham! en Rick Astley. En jy moes dit alles op die coolste uitvinding van daardie dae luister: ’n walkman!
Die kassie het ook nie teruggestaan nie. Onthou julle nog vir David Hasselhoff (voor Baywatch) en Kitt in Knight Rider? Wie onthou nog hoe ’n Kitt-replika destyds in die Gustav Voigts-sentrum kom wiele wys het? Vir opwinding het Magnum, MacGyver en Miami Vice se manne gesorg en vandag nog sal dié reekse se temaliedjies ons laat saamneurie.
By vandag se beter green screens vir agtergrondskote en hoëresolusie-televisieskerms, kan die helde van daardie dae nie regtig meer kers vashou nie. Tog, ten spyte van watter remakes Hollywood ook al probeer opdis, is vandag se MacGyver redelik flou en is Lucas Till glad nie so slim of mooi soos Richard Dean Anderson van destyds nie.
En jy kon dit alles op Betamax of VHS op jou VCR opneem.
Maar terug na die modes.
’n Soektog op die wêreldwye web lewer duisende resulate op. Ja, die kleregruwels van daardie dae is terug. Dalk nog nie so helderpienk soos die afrolsokkies wat ek na my laerskoolafskeid gedra het nie, maar amper.
Die ergste van alles is dat ons gedink het dis cool! ’n Vinnige kyk deur daardie dae se foto’s (nie digitaal nie) sal die teendeel bewys. Tussen die leg warmers, groot hare en plastiekarmbande wonder jy nou presies wat het jy toe gedink?
Modes uit die 80's is nou só snaaks, ons dra dit nou na fancy dress-partytjies.
Deesdae loop Gigi Hadid en Kanye West (weer) gemaklik in bomber jackets rond. Kon dié pofferige baadjies wat glad nie vir enige lyf vleiend is nie, nie maar toe al ’n stille dood gesterf het nie? Kanye, wat nou 40 is, kon heel moontlik een van syne uit daardie dae se klerekas gehou het. Maar Gigi? Sy’s nou eers 22, wat beteken sy het vir haarself een gekoop.
Elkeen van ons het ook minstens een paar stone washed denims in ons kas gehad. As jy ’n bypassende baadjie gehad het – nog beter. Is dit regtig nodig om weer hierdie modeverklaring te maak?
Maar die ergste van alles was die shoulder pads. Mag hierdie beker my (dié keer) verbygaan. Tog, wie weet? Dalk moet ons vandag se modieuse klere hou. Ons gaan dit waarskynlik oor ’n kwarteeu weer kan dra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie