Die 10de kykNET Fiëstas: Hier is die wenners

14 February 2020 | Kuns en vermaak
Die 10de kykNET Fiëstas is op Sondag 9 Feburuarie 2020 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad gehou en regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

Casper de Vries was op sy stukke as seremoniemeester en is deur Dean-John Smith, June van Merch en Success Lekabe as mede-aanbieders bygestaan. Die gaskunstenaars, Amanda Strydom, Emma van Heyn, Germandt Geldenhuys, Ilse Klink en Nataniël, het tot die sukses van die aand bygedra.

Die gehoor was ook met optredes deur die opera-sanger, Nombulelo Yende, Eet kreef! (Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Mikhaela Kruger, Schalk van der Merwe en Sheldon Yoko), komediant Ian Young, die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes, die Cape Town Opera Chorus en die New World Dance Theatre bederf.

Dit was ‘n besonderse aand, met dié dat die tiende bestaansjaar van die kykNET Fiëstas vanjaar gevier word. Dié gesogte toekenningsgeleentheid is in 2010 in die lewe geroep – nie net om erkenning te gee aan grensverskuiwende en gehaltewerk wat op feesverhoë op- en uitgevoer word nie, maar ook om saam met ander rolspelers die skep van kreatiewe werk in Afrikaans te koester en te bevorder.

Karen Meiring, M-Net Direkteur: kykNET-kanale: “John Kani het verlede jaar tydens die Fiëstas gesê: slegs die kunste kan ons (Suid-Afrika) verenig. In ‘n land met só komplekse verlede, en soveel uitdagings wat ons daagliks konfronteer, het kunstenaars ‘n verantwoordelikheid en plig om leiers te wees in hoe ons die toekoms verken en verstaan. kykNET se ondersteuning is gewaarborg vir werk wat ‘n kollektiewe ervaringswêreld skep, deur inhoud van gehalte wat resoneer.”

Geluk aan die wenners:

BESTE AKTEUR:

Brendon Daniels – Queenie hulle

BESTE AKTRISE:

Antoinette Kellerman – Koningin Lear

BESTE MANLIKE BYSPELER:

Edwin van der Walt – Koningin Lear

BESTE VROULIKE BYSPELER:

Devonecia Swartz - Jakkals en Wolf Onbeperk

BESTE REGIE:

Brett Bailey – Samson

BESTE TEATERONTWERP:

Wolf Britz – Statements After an Arrest Under the Immorality Act

BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING:

Sandra Prinsloo – Kamphoer - die verhaal van Susan Nell

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:

Christo Davids en Lloyd Davids – Queenie-hulle

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR:

Cantona James – In Slawenhuis 39 & Jakkals en Wolf Onbeperk

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK:

José Dias – Hulde aan Nellie du Toit

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS:

Jean Theron Louw (beeldhouer) – My Afrika-wildehonde

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG:

kykNET-Verjaarsdagkonsert

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM:

Eet Kreef! (Frank Freeman & Etienne van Rooyen)

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER:

Samson

BESTE AANBIEDING:

Queenie-hulle

BESTE DUO OF ENSEMBLE:

Jakkals en Wolf Onbeperk

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN N BESTAANDE WERK:

Koningin Lear

FEES VAN DIE JAAR:

Innibos

BLOU FIËSTA:

reWOLusie

LEWENSBYDRAE TOT TEATER:

Elize Cawood

Janice Honeyman

Pieter-Dirk Uys

Virginia Davids

Soortgelyk

 

Damme voller

4 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

4 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

4 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

4 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

4 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

4 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

4 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

4 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

4 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...