Dickson saal moeilike perd op
Rugby
Tielman van Lill – Robbie Dickson, voormalige losskakel en senter van Trustco United, is deur die Namibië Rugbyunie (NRU) as waarnemende afrigter van die nasionale rugbyspan vir die volgende drie maande aangestel.
Dickson, wat in 2019 sommer met die intrapslag sukses as afrigter met United se eerste span behaal het, is ná onderhandelinge met Wêreldrugby in die pos aangestel.
Dickson se getuigskrif sluit twee jaar as spanbestuurder en afrigter van die nasionale sewesspan in.
Sy United-span het tot die 2019 premierliga-eindstryd teen die gedugte FNB Unam-span deurgedring en moes 'n beduidende agterstand uitwis, voordat hulle die titel met 'n drie in die laaste sekondes beklink het.
Dickson se taktiese aanvoeling en openhartige benadering om die beste uit sy spelers te haal, word as van sy sterk punte uitgesonder. Sy sukses met die Filistyne het nie ongesiens verbygegaan nie en hy kan straks later van tyd 'n langtermynkontrak by die NRU opraap.
Hy sal spelers wat tans aan die hoëprestasieprogram deelneem, vir groter hoogtes moet voorberei.
Namibië het beperkte tyd om sy spelers vir die internasionale seisoen gereed te kry.
Rugby Afrika se senior kompetisie is vir Julie geskeduleer, met vier groepe van drie spanne elk. Te midde van Covid-19 sal dit een van die min slypgeleenthede bied voor die kontinentale 2022-reeks, wat as kwalifisering vir die Wêreldbeker in Frankryk dien.
Hy vervang Johan Diergaardt, wat vroeg verlede jaar aangestel is en wat in Desember bedank het sonder dat Namibië enige internasionale rugby kon speel vanweë die wêreldwye coronaviruspandemie.
Diergaardt het sy voorganger gister voorspoed met die taak toegewens.
Winmar Rust, oudkaptein en voorsitter van United, sê Dickson het groot potensiaal as afrigter en die komende ervaring sal hom verder tot voordeel van Namibiese rugby slyp.
“Robbie is 'n goeie keuse; hy verdien die aanstelling.
“Sy rugbykennis is goed en hy is hedendaags in sy benadering.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie