Diazpunt kry nuwe lewe
Verskeie opknappings en nuwe eienaars gee Diazpunt weer oemf.
Tanja Bause – Diazpunt, sowat 19 kilometer buite Lüderitz, het nuwe lewe gekry met ‘n opgeknapte koffiekroeg en kampeerplekke, asook nuwe eienaars van die geriewe.
Diaz Point Sheltered Camping is sedert Oktober onder die bestuur van Ashton en Sinead Swartz.
“Die kampeerplek was in ’n baie slegte toestand toe ek dit in Julie oorgeneem het. Ek het ’n ooreenkoms met Namport aangegaan om dit op te knap en by hulle te huur,” het Ashton gesê.
Daar is sewe oop en drie beskutte kampeerplekke, asook twee bote waarin mense kan slaap.
“Die kampeerplekke is ’n kort entjie van die Diaz-kruis en bied besoekers die perfekte kombinasie van natuur en gemak. Flaminke en ander voëls eet daar en daar is waterstorte en spoeltoilette. Daar is ook ’n veiligheidswag 24 uur per dag aan diens om te verseker almal en hul besittings is veilig.”
Volgens hom gaan hulle mettertyd ’n hindernisbaan vir spanbouaktiwiteite oprig.
“Vanaf 1 November tot April 2020 kan kampeerders met ons ondersteuning hulle eie krewe van die kus af vang en gaarmaak vir ’n unieke buitelugondervinding,” het hy gesê.
KOFFIEKROEG
Die Skip Skop Koffiekroeg het aan die begin van Oktober sy deure geopen.
Volgens die eienaar, Deon Solomons, word al die koeke elke dag vars deur ’n bakkery in Nautilus gebak.
“My ma, Winda van Wyk, het al langer as tien jaar ’n bakkery wat elke dag vars brood aan Nautilus en die omliggende woonbuurte voorsien. Nou bak sy elke dag vir Skip Skop vars koek en selfs Buchters kom uitgery om veral die wortel- en sjokoladekoek te kom geniet,” het Deon se vrou, Lindi, gesê.
Skip Skop is elke dag vanaf 08:00 tot 18:00 oop. Benewens koek word daagliks ook ontbyt en ligte etes bedien.
“Die Cosy Corner Koffiekroeg in die middel van die dorp is eintlik die ‘moederkoffiewinkel’, kan ’n mens sê, en Skip Skop is ’n tak,” het Lindi gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie