Diaspunt kry u2019n nuwe brug
Diaspunt kry u2019n nuwe brug

Diaspunt kry ’n nuwe brug

Tanja Bause
Goeie nuus vir toeriste en besoekers aan die Dias-kruis by Diaspunt op Lüderitz is dat ’n sementbrug gebou gaan word wat na die kruis lei.
Die vorige houtbrug is in November 2014 tydens ’n sterk storm verwoes, met die Nasio­nale Erfenisraad wat nou die bou van ’n sementbrug goedgekeur het.
Die houtbrug is in 1911 gebou sodat werkers van die vuurtoring veilig oor die getypoel kon beweeg wanneer die gety ingekom het. Later het die brug aan lede van die publiek toegang tot die Diaskruis verleen wat as nasionale monument verklaar is.
Die Lüderitz-dorpsraad en die Lüderitzbucht Stigting het die Dias-brugkomitee in die lewe geroep wat aan die stuur van sake vir die bou van die nuwe brug staan. Dit sal met klippe uit die omgewing gebou word, met die komitee wat met ’n veldtog begin het om geld hiervoor in te samel. Die nuwe brug sal drie meter hoog wees en uit natuurlike klip en sement gebou word. Dit sal stewiger as die vorige brug wees, beter weerstand teen wind en weer bied en benodig voorts min onderhoud.
Nié die dorpsraad of die Nasionale Erfenisraad het egter die geld om te begin bou nie en vra dat mense wat graag ’n geldelike bydrae wil maak, dit in die Diaz Bridge-rekening, rekeningnr 6000 1585 753, Standard Bank Lüderitz kode 080 471, SBNMNANX, inbetaal.

Kommentaar

Republikein 2025-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer