Diamantreus skenk rekenaars

Maria Eiseb
Die Debmarine- en Namdeb-stigting het sowat 16 rekenaars ter waarde van N$80 000 aan die opleidingsentrum van Women’s Action for Development (WAD) op Rehoboth geskenk.

Die sentrum bedien die Hardapstreek.

Dit verskaf opleiding aan werklose jeugdiges wat oor rekenaarvaardigheid en in administratiewe take touwys gemaak

word.

Tydens die oorhandiging het die direkteur van WAD, mnr. Salatiel Shine­dima, gesê die skenking is belangrik, want werkloosheid is baie groot onder die jeug. Opleiding kan hulle help om werk te vind.

Volgens Shinedima berei skoolopvoeding jongmense nie op die werklike eise van die arbeidsmark voor nie. Die meeste leerlinge kan ook nie verder gaan studeer nie.

Deelname aan die opvoeding en opleiding van die jeug is volgens hom ’n belangrike belegging in ekonomiese groei.

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer