'Diamantdiewe' pleit onskuldig, wag getuig
'Diamantdiewe' pleit onskuldig, wag getuig

'Diamantdiewe' pleit onskuldig, wag getuig

Twee voormalige werknemers van De Beers Marine Namibia, wat daarvan beskuldig word dat hulle 453 ongeslypte diamante in 2011 probeer steel het, se verhoor het Woensdag begin.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – 'n Sekuriteitswag by Debmarine Namibia (voorheen De Beers Marine Namibia), wat glo as 'n “geheime agent” saam met die twee beskuldigdes gewerk en die komplot op die lappe gebring het, het Woensdag in die hoërhof in Windhoek getuig.

Tien jaar nadat mnre. Emmanuel Shikololo (47) en Rodney Klim (47) in hegtenis geneem is vir die diefstal van ongeslypte diamante ter waarde van sowat N$6,2 miljoen, het hul verhoor uiteindelik Woensdag begin.

Klim was die prosesbeheerder op De Beers Marine se skip, Debmar Atlantic, en was Shikololo se toesighouer.

Hulle staan tereg op een klag van die diefstal van diamante, alternatiewelik die onwettige besit van diamante en een klag van sameswering om diamante te steel.

Altwee die beskuldigdes het Woensdag onskuldig op alle aanklagte gepleit.



SEKURITEITSWAG GETUIG

Die eerste getuie, mnr. Dawid Jarvis, het getuig Shikololo het hom in Oktober 2010 genader om diamante van die Debmar Atlantic af te vat en na 'n koper, glo 'n Portugese man, in Suid-Afrika te neem.

Hy het glo dadelik die maatskappy se ondersoekbeampte genader wat vir hom 'n bandopnemer gegee het. Volgens hom het hy daarna elke afspraak en gesprek met Shikololo opgeneem en aan die ondersoekbeampte verskaf.

'n Jaar later, aan boord die Debmar Atlantic, het Shikololo volgens hom toegang verkry tot 'n beperkte gebied, bekend as die “Red area”, waar ongeslypte diamante was.

Shikololo het die nodige vorm gehad, onderteken deur Klim en drie ander toesighouers, wat hom toegang tot dié gebied gegee het. Klim het hom glo opdrag gegee om instandhouding in die gebied te doen, omdat hy 'n probleem met 'n oordraglyn ervaar het.

Jarvis kon nie op die sekuriteitskameras sien wat Shikololo binne die gebied gedoen het nie en het tydens die visentering wat hy daarna uitgevoer het, niks op Shikololo gevind nie.

Shikololo het hom glo 'n paar ure later gebel en 'n ontmoeting gereël waartydens Shikololo hom diamante gewys het, maar hy wou nie sê waar hy dit gekry het nie.

Volgens Jarvis het dit drie keer gebeur – die eerste keer op 8 Oktober 2011 en daarna op 11 en 15 Oktober.

Wanneer Jarvis en die twee beskuldigdes die skip verlaat het, het hulle die koper in Suid-Afrika ontmoet en die verkoop van die diamante bespreek, maar nog nie die diamante oorhandig nie.

Volgens Jarvis se getuienis, is 'n lokval op die skip gestel toe die drie mans weer aan boord was en is versteekte kameras opgerig op die plek waar Shikololo vir Jarvis 'n geel sakkie met diamante oorhandig het.

Drie lede van die maatskappy se sekuriteitsdepartement, insluitend die superintendent, mnr. Franscois Opperman, het volgens Jarvis die oorhandiging van die dwelms gesien.

Die Namibiese polisie het met 'n helikopter na die skip gevlieg en die twee mans is in hegtenis geneem.

Die staat het tydens kruisondervraging gesê hulle het nooit beeldmateriaal van die oorhandiging ontvang nie.

Shikololo het by monde van sy regshulpprokureur, me. Meriam Kandoni, ontken hy het ooit met Jarvis ontmoet, óf enige diamante vir hom gewys, óf aan hom oorhandig.

“My kliënt sê jy was die een wat hom genader het met 'n plan om die diamante te steel. Jy het vir hom gesê jy weet hoe hulle dit moet doen,” het Kandoni gesê.

Opperman is op die lys van staatsgetuies wat tydens die verhoor geroep sal word. Die beskuldigdes verskyn voor regter Christie Liebenberg.

[email protected]

FOTO
Mnr. Emmanuel Shikololo

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A