Dié rugbygroep na kamp in Durban
Rugby
Die hoofafrigter van die Namibiese rugbyspan, Phil Davies, het sy voorlopige oefengroep van vyftig spelers in twee kategorieë verdeel in die finale opboufase na die 2019 Wêreldbekertoernooi.
Vandag, 20 Augustus, is dit presies ’n maand voordat die wêreldskouspel in Japan begin, waar Namibië se span in groep B saam met Italië, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Kanada geplaas is.
Laas Sondag was dit ook presies ’n jaar vandat Namibië sy laaste kwalifiserende wedstryd teen Kenia in Windhoek gewen het om sy plek in die Wêreldbeker te verseker.
“Dit was ’n fantastiese dag vir die spelers wat vir Namibië die reg verwerf het om aan die grootste rugbytoernooi ter wêreld deel te neem, sê Davies.
Die volgende paar weke is gefokus op die finale voorbereidings, insluitend die twee bevestigde opwarmwedstryde teen die Isuzu Southern Kings (in Windhoek op 31 Augustus, gevolg deur die tweede wedstryd op 7 September op Walvisbaai).
Volgens Davies wil hê met die verdeling in twee kategorieë die beskikbare tyd voor die sperdatum maksimaal gebruik om Namibië se sterkte groep vir die Wêreldbeker te kies.
Die Durban-groep het vanoggend na Suid-Afrika vertrek vir ’n intensiewe oefenkamp, wat ook ’n opwarmwedstryd teen ’n Sharks-vyftiental komende Saterdag sal insluit.
Die sogenaamde Kaizen-groep bly in aanmerking vir insluiting in die finale Wêreldbeker-toergroep van 31 spelers, wat op Dinsdag 2 September 2019 aangekondig sal word.
Voorspelers na Durban
Adriaan Booysen, Renaldo Bothma, Aranos Coetzee, Wian Conradie, AJ de Klerk, Thomasau Forbes, Prince !Gaoseb, Max Katjijeko, Rohan Kitshoff, Ruan Ludick, Obert Nortjé, André Rademeyer, Johan Retief, Desiderius Sethie, Nelius Theron, Tjiuee Uanivi, Louis van der Westhuizen, Torsten van Jaarsveld, PJ van Lill, Janco Venter, Casper Viviers.
Agterspelers na Durban
Chrysander Botha, Darryl de la Harpe, Johan Deysel, JC Greyling, Dumarcho Hartung, Eugene Jantjies, Helarius Kisting, Lesley Klim, Cliven Loubser, Oderich Mouton, Justin Newman, Chad Plato, Damian Stevens, PW Steenkamp, Johann Tromp, PJ Walters, JC Winkler.
Kaizen-groep in Windhoek
Graham April, Simon Kanime, Mahepisa Tjeriko, Gino Wilson, Russell van Wyk, Thomas Kali, Mahco Prinsloo, Adriaan Ludick, Niël van Vuuren, Janry du Toit, Jason Benade.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie