Dié lande smul aan SA se landbouprodukte

Namibië grootste invoerder van knoffel

05 February 2019 | Landbou
Sarel van der Walt - Suid-Afrika is een van die tien grootste produseerders van wyn, appels en subtropiese vrugte in die wêreld.

Dit is die land wat die naasmeeste sitrusvrugte (vars of gedroog) uitvoer, die sewende grootste uitvoerder van druiwe (ook vars en gedroog), die vierde grootste uitvoerder van appels, die land wat die derde meeste wol uitvoer, die sesde grootste uitvoerder van steenvrugte (soos perskes, appelkose en pruime) en die negende grootste uitvoerder van subtropiese vrugte.

Dié inligting is vervat in die landbou-organisasie Agri SA se oorsig van die Suid-Afrikaanse landbou, wat Donderdag uitgereik is.



Suid-Afrika se boere, wat wêreldwyd hoë aansien geniet, is verantwoordelik vir 10,78% van die land se totale uitvoer. Die landbouproduksie van R106,4 miljard in 2017 was verantwoordelik vir 2,5% van die land se bruto binnelandse produk (BBP).



Luidens die verslag is 22,07% van alle plaaslike landbouprodukte wat uitgevoer is, na Europa, 16,23% na Afrika, 4,83% na Noord-Amerika en 3,76% na Asië.

Nederland en Brittanje – twee voormalige koloniale heersers in Suid-Afrika – is die twee lande waarheen die meeste landbouprodukte uitgevoer word.

Dit lyk asof Mosambiek intussen ook ’n smaak ontwikkel het vir Suid-Afrikaanse plaasprodukte.

In die verslag word aangedui die meeste beeste (21%) is in 2016 in Mpumalanga geslag en 19% in die Vrystaat.

Die Wes-Kaap (31%) het in dié jaar die meeste melk gelewer, gevolg deur die 28% van die Oos-Kaap en die 24% van KwaZulu-Natal.

Die Oos-Kaap (30%), die Noord-Kaap (25%) en die Vrystaat 19% het die meeste skape gelewer en Limpopo (24%), Noordwes (21%) en die Wes-Kaap (11%) die meeste varke.

Noordwes (22%) en Mpumalanga (20%) het die meeste braaihoenders voorsien.

Gauteng is dalk geografies die kleinste provinsie in die land, maar het die meeste eiers (24%) in die land gelewer.

Mpumalanga (30%) en die Vrystaat (28%) het loshande die meeste mielies gelewer. Noordwes, ook ’n bekende mieliestreek, het 15% bygedra.

Die Wes-Kaap (58%) is steeds die koring-koning. Daarna is 16% van die land se koring in die Vrystaat geproduseer en 14% in die Noord-Kaap.

Die Wes-Kaap was ook vir 88% van die land se hawer verantwoordelik.

Die Vrystaat is die voorste produseerder van sonneblomsaad (58%), grondbone (45%) en droë bone (39,5%), terwyl Mpumalanga (41%) die meeste sojabone gelewer het – 3% meer as die Vrystaat.

Laasgenoemde twee provinsies het ook die meeste graansorghum gelewer – Mpumalanga 46% en die Vrystaat 34%.

Nog ’n interessante stuk statistiek is dat Mosambiek met 70 000 ton in 2017 die grootste invoerder van aartappels uit Suid-Afrika was, gevolg deur Namibië met sowat 25 000 ton.

Die Mosambiekers het ook die meeste tamaties (sowat 1 700 ton) ingevoer, die meeste uie (meer as 50 000 ton) én die meeste wortels (meer as 3 500 ton). Angola het net ’n bietjie minder van dié groentesoort ingevoer.

Nederland (1 600 ton) was die grootste invoerder van soetpatats uit Suid-Afrika, terwyl die meeste blaarslaai (sowat 500 ton) en komkommers (850 ton) na Botswana uitgevoer is.

Die meeste knoffel (meer as 250 ton) wat Suid-Afrikaanse bodem verlaat het, is Namibië toe (seker vir veral vleis- en visgeregte!), terwyl Swaziland (eSwatini) die meeste beet (meer as 1 200 ton) na dié koninkryk laat kom het.

Lesotho was die voorste invoerder van kool met meer as 6 000 ton.

Die meeste Suid-Afrikaanse wyn is na Brittanje (1 miljoen ton) uitgevoer, en Duitsland was ’n kortkop agter hom.

Lees die volledige verslag op Agri SA se webwerf by https://www.agrisa.co.za/ – Netwerk24



KASSIE

Droogte: Gauteng die beste daaraan toe

Gauteng – geografies die kleinste provinsie in Suid-Afrika – is die enigste wat tans stabiele landboutoestande ervaar.

So sê Agri SA in ’n verslag oor die stand van die Suid-Afrikaanse landbou wat Donderdag bekend gemaak is.

Luidens die verslag heers matige landboutoestande in Limpopo en Mpumalanga, en is toestande onder normaal in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. In die Vrystaat, die Noord-Kaap en Noordwes is dit kritiek.

Die toestande in die Wes-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal kan later vanjaar versleg.

Gauteng en Mpumalanga sal na verwagting later vanjaar stabiele toestande hê. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Meegesleurde Okahandja-vrou steeds soek

1 uur gelede |

Elvira Hattingh - Die 42-jarige vrou wat gisteroggend deur die water meegesleur is toe sy en twee ander mense die Okahandjarivier te voet wou oorsteek,...

Hardap kry 19 Mm³ water sedert Maandag

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Sedert die afgelope Maandag het die Hardapdam ’n reusehoeveelheid water bygekry, naamlik 19,523 Mm³ (miljoen kubieke meter). Die dam is nou 27,2%...

Nóg twee kietsies kry nekbande

3 ure gelede | Omgewing

Nóg twee swartpootwildekatte is in die vroeë oggendure met nekbande toegerus. Prof. Morgan Hauptfleisch en sy span van die Black-Footed Cat Working Group is tans...

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

13 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

13 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...